Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • od hfst. 4 bl. 24-29
  • Hoe die gemeente georganiseer en bestuur word

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe die gemeente georganiseer en bestuur word
  • Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • TEOKRATIES GEORGANISEER
  • GEMEENTES VANDAG VOLG DIE APOSTOLIESE PATROON
  • DIE ROL VAN GODSDIENSKORPORASIES
  • HOE TAKKANTORE GEORGANISEER WORD
  • Laat die gemeente opgebou word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Laat die gemeente Jehovah loof
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Opsieners wat as herders oor die kudde toesig hou
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • Rig nuwelinge na God se organisasie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
Sien nog
Georganiseer om Jehovah se wil te doen
od hfst. 4 bl. 24-29

HOOFSTUK 4

Hoe die gemeente georganiseer en bestuur word

IN DIE apostel Paulus se eerste brief aan die Korintiërs het hy ’n belangrike waarheid oor God genoem. Paulus het geskryf: “God is nie ’n God van wanorde nie, maar van vrede.” Toe het hy verder oor gemeentelike vergaderinge gesê: “Laat alles reg en ordelik plaasvind.” – 1 Kor. 14:33, 40.

2 Heel aan die begin van dieselfde brief het die apostel die Korintiese gemeente tereggewys oor onenigheid wat onder hulle bestaan het. Paulus het vir die broers daar gesê “om verenig te wees in wat [hulle] sê” en “om heeltemal verenig te wees in dieselfde denke en in dieselfde opinie” (1 Kor. 1:10, 11). Toe het hy hulle raad gegee oor verskillende sake wat die eenheid van die gemeente geraak het. Hy het die illustrasie van ’n menseliggaam gebruik en gewys hoe belangrik eenheid en samewerking is. Hy het almal in die Christengemeente, maak nie saak wat hulle rol is nie, aangemoedig om op ’n liefdevolle manier vir mekaar te sorg (1 Kor. 12:12-26). Sulke harmoniese samewerking in die gemeente wys dat dit georganiseer sou wees.

3 Maar hoe moes die Christengemeente georganiseer word? Wie sou dit organiseer? Watter soort struktuur sou dit hê? Wie sou in aangestelde posisies dien? Ons kry duidelike antwoorde op hierdie vrae as ons ons deur die Bybel laat lei. – 1 Kor. 4:6.

TEOKRATIES GEORGANISEER

4 Die Christengemeente is op Pinkster 33 van die huidige jaartelling gestig. Wat kan ons van die eerste-eeuse gemeente leer? Dit is teokraties georganiseer en bestuur, dit wil sê onder God (Grieks, the·osʹ) se heerskappy (kraʹtos). Hierdie twee woorde kom in 1 Petrus 5:10, 11 voor. Die geïnspireerde verslag van wat byna 2 000 jaar gelede in Jerusalem gebeur het, laat geen twyfel dat die gemeente van gesalfde Christene deur God gestig is nie (Hand. 2:1-47). Dit was sy gebou, sy huisgesin (1 Kor. 3:9; Ef. 2:19). Die manier waarop die eerste-eeuse Christengemeente georganiseer is en gefunksioneer het, dien as ’n patroon wat deur die Christengemeente in ons tyd gevolg word.

Die manier waarop die eerste-eeuse Christengemeente georganiseer is en gefunksioneer het, dien as ’n patroon wat deur die Christengemeente in ons tyd gevolg word

5 Die vroeë gemeente het met omtrent 120 dissipels begin. Heilige gees is eers op hulle uitgestort, ter vervulling van Joël 2:28, 29 (Hand. 2:16-18). Maar op daardie selfde dag is omtrent 3 000 ander in water gedoop en in die gemeente van geesverwekte Christene ingebring. Hulle het die woord oor die Christus aangeneem en “aangehou om aandag te skenk aan wat die apostels geleer het”. Daarna “het Jehovah voortgegaan om elke dag mense by hulle te voeg wat gered gaan word”. – Hand. 2:41, 42, 47.

6 Die gemeente in Jerusalem het so vinnig gegroei dat die Joodse hoëpriester gekla het dat die dissipels hulle leringe deur die hele Jerusalem versprei het. Die nuwe dissipels in Jerusalem het later baie Joodse priesters ingesluit, wat deel van die gemeente geword het. – Hand. 5:27, 28; 6:7.

7 Jesus het gesê: “Julle sal getuies van my wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria en tot in die mees afgeleë deel van die aarde” (Hand. 1:8). Hierdie woorde het waar geword. Toe groot vervolging ná die dood van Stefanus in Jerusalem ontstaan het, het die dissipels wat daar gewoon het oor die hele Judea en Samaria versprei. Maar oral waar hulle gegaan het, het hulle aangehou om die goeie nuus te verkondig en meer dissipels te maak, ook onder die Samaritane (Hand. 8:1-13). Nog later is die goeie nuus met groot sukses onder die onbesnede, nie-Joodse nasies verkondig (Hand. 10:1-48). As gevolg van al hierdie predikingswerk is baie dissipels gemaak en is nuwe gemeentes buite Jerusalem gestig. – Hand. 11:19-21; 14:21-23.

8 Watter reëlings is getref om seker te maak dat elke pas gestigte gemeente op God se manier, dit wil sê teokraties, georganiseer en bestuur is? Deur die werking van God se gees is voorsiening gemaak vir onderherders om vir die kudde te sorg. Paulus en Barnabas het ouermanne aangestel in die gemeentes wat hulle gedurende hulle eerste sendingreis besoek het (Hand. 14:23). Die Bybelskrywer Lukas gee inligting oor Paulus se vergadering met die ouermanne van die gemeente in Efese. Paulus het vir hulle gesê: “Skenk aandag aan julleself en aan die hele kudde, waaroor die heilige gees julle as opsieners aangestel het, om herders te wees vir die gemeente van God, wat hy met die bloed van sy eie Seun gekoop het” (Hand. 20:17, 28). Hulle kon as ouermanne aangestel word omdat hulle aan die skriftuurlike vereistes voldoen het (1 Tim. 3:1-7). Paulus se medewerker Titus is die gesag gegee om ouermanne in die gemeentes op Kreta aan te stel. – Tit. 1:5.

9 Toe meer gemeentes gestig is, het die apostels en ouermanne in Jerusalem aangehou om as hoofopsieners van die uitgebreide, internasionale Christengemeente van die eerste eeu te dien. Hulle het as die bestuursliggaam daarvan gedien.

10 In sy brief aan die gemeente in Efese het die apostel Paulus verduidelik dat die Christengemeente eenheid kon bewaar deur met God se gees saam te werk en lojaal te wees aan die hoofskap van Jesus Christus. Die apostel het daardie Christene aangespoor om nederigheid aan te kweek en “die eenheid van die gees” te bewaar deur vreedsaam met almal in die gemeente te wees (Ef. 4:1-6). Toe het hy Psalm 68:18 aangehaal en dit toegepas op Jehovah se voorsiening van geestelik bekwame manne. Hulle moes omsien na die behoeftes van die gemeente as apostels, profete, evangeliepredikers, herders en onderrigters. As gawes van Jehovah sou hierdie manne die hele gemeente tot geestelike volwassenheid opbou wat God gelukkig sou maak. – Ef. 4:7-16.

GEMEENTES VANDAG VOLG DIE APOSTOLIESE PATROON

11 Vandag word ’n soortgelyke patroon van organisasie in alle gemeentes van Jehovah se Getuies gevolg. Gesamentlik vorm hulle ’n verenigde, wêreldwye gemeente waarvan die geesgesalfdes die kern vorm (Sag. 8:23). Jesus Christus is die een wat dit moontlik maak. Hy het sy belofte gehou en ondersteun sy gesalfde dissipels lojaal “al die dae tot aan die einde van die wêreldstelsel”. Mense wat in die groeiende gemeente ingebring word, neem die goeie nuus van God aan, wy hulle lewe onvoorwaardelik aan Jehovah toe en word as dissipels van Jesus gedoop (Matt. 28:19, 20; Mark. 1:14; Hand. 2:41). Hulle erken “die goeie herder”, Jesus Christus, as Hoof van die hele kudde, wat bestaan uit die gesalfde Christene van die gemeente asook die “ander skape” (Joh. 10:14, 16; Ef. 1:22, 23). Hierdie “een kudde” bewaar hulle eenheid deur die hoofskap van Christus lojaal te erken. Hulle onderwerp hulle ook aan die kanaal wat deur Christus aangestel is en wat deur die organisasie gebruik word, “die getroue en verstandige slaaf”. Laat ons vandag aanhou om volle vertroue in hierdie kanaal te hê. – Matt. 24:45.

DIE ROL VAN GODSDIENSKORPORASIES

12 Om geestelike voedsel op die regte tyd te voorsien en om die goeie nuus van die Koninkryk te verkondig voordat die einde kom, is sekere korporasies gevorm. Hierdie wetlike liggame word deur die wette van verskillende lande erken, en hierdie liggame werk met mekaar saam. Hulle bevorder die verkondiging van die goeie nuus wêreldwyd.

HOE TAKKANTORE GEORGANISEER WORD

13 Wanneer ’n takkantoor gestig word, word ’n Takkomitee van drie of meer ouermanne aangestel om toesig te hou oor die werk in die land of lande wat onder dié spesifieke takkantoor val. Een lid van die komitee dien as die koördineerder van die Takkomitee.

14 Die plaaslike gemeentes onder elke tak word in kringe ingedeel. Die grootte van kringe hang af van geografiese en taalfaktore sowel as die aantal gemeentes in die gebied wat aan die tak toegewys is. ’n Kringopsiener word aangestel om die gemeentes in elke kring te bedien. Die takkantoor gee leiding aan die kringopsiener oor hoe om sy verantwoordelikhede na te kom.

15 Die gemeentes erken reëlings van die organisasie, wat tot voordeel van almal uiteengesit word. Hulle aanvaar die aanstelling van ouermanne, wat toesig hou oor die werk in takkantore, kringe en gemeentes. Hulle maak staat op die getroue en verstandige slaaf om geestelike voedsel op die regte tyd te voorsien. Die getroue slaaf onderwerp hulle heeltemal aan die hoofskap van Christus, hou vas aan Bybelbeginsels en reageer op die leiding van die heilige gees. Wanneer ons almal in eenheid saam werk, geniet ons soortgelyke resultate as dié wat deur die Christene in die eerste eeu geniet is: “Die gemeentes [het] heeltyd sterker geword in die geloof en [hulle het] dag ná dag bly vermeerder.” – Hand. 16:5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel