Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w06 11/15 bl. 31
  • Leer jou kinders om te antwoord

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Leer jou kinders om te antwoord
  • ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Soortgelyke materiaal
  • Loof Jehovah in die gemeente
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2019
  • Moedig mekaar aan by gemeentelike vergaderinge
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
  • Wat is die beste manier om vir die vergaderinge voor te berei?
    Wie doen vandag Jehovah se wil?
  • Hou vas aan die openbare bekendmaking van jou hoop sonder om te wankel
    Ons Koninkryksbediening—1994
Sien nog
ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
w06 11/15 bl. 31

Leer jou kinders om te antwoord

PERLA van Mexiko onthou hoe haar ma haar gehelp het om kort antwoorde vir die Wagtoring-studie voor te berei toe sy nog ’n klein dogtertjie was. Nou het Perla ’n vyfjarige seuntjie. Hoe help sy hom? “Ek moet eers voorberei. Terwyl ek dit doen, is ek op die uitkyk na ’n paragraaf wat my seun kan verstaan, een wat hy in sy eie woorde kan verduidelik. Dan konsentreer ons op wat hy ‘my paragraaf’ noem. Ek vra hom om dit te verduidelik deur alledaagse voorbeelde te gebruik. Dan oefen ons die antwoord ’n paar keer. Ons gebruik ’n voorwerp wat so groot soos ’n mikrofoon is, sodat hy weet hoe om dit te hou wanneer hy antwoord. Ek is baie bly dat nie een vergadering verbygaan sonder dat hy antwoord of sy hand opsteek nie. Hy gaan gewoonlik voor die vergadering na die studiehouer toe en sê vir hom watter paragraaf syne is.”

Jens, ’n ouer man wat in ’n Hindi-groep dien, het twee seuns, wat twee en vier jaar oud is. Wanneer hy en sy vrou saam met hulle kinders vir die vergadering voorberei, gebruik hulle ’n metode wat Jens by sy ouers geleer het. Hy sê: “Ons besluit watter dele van die materiaal die kinders kan verstaan. Dan probeer ons om vir hulle ’n oorsig van die spesifieke onderwerp of die hoofgedagtes van die artikel te gee, waarna ons hulle vrae vra wat ons dink hulle tydens die vergadering kan antwoord. Ons is dikwels verbaas oor die antwoorde wat hulle op ’n heel natuurlike manier gee. Hoe hulle hulle uitdruk, weerspieël werklik wat hulle verstaan. Gevolglik loof hulle Jehovah werklik met hulle antwoorde en word dit ’n persoonlike blyk van hulle geloof.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel