Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w08 2/15 bl. 26-27
  • Leer uit die foute van die Israeliete

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Leer uit die foute van die Israeliete
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Van noue omgang tot afgodediens
  • Van boerdery tot Baälaanbidding
  • ’n Kragtige waarskuwing vir ons dag
  • “Gelukkig is dié wat sy herinneringe onderhou”
  • Baälaanbidding—die stryd om die Israeliete se harte
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Pas op dat niemand julle gevange neem nie!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2019
  • “Die volk wie se God Jehovah is”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Moenie vergeetagtige hoorders word nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
w08 2/15 bl. 26-27

Leer uit die foute van die Israeliete

TOE die Israeliete die Beloofde Land binnegegaan het, het hulle geweet wat Jehovah van hulle verwag. God het deur Moses beveel: “Julle moet al die inwoners van die land voor julle uit verdryf en al hulle klipfigure vernietig, en al hulle beelde van gegote metaal moet julle vernietig, en al hulle heilige hoogtes moet julle verwoes.”—Num. 33:52.

Die volk Israel moes geen verbond met die inwoners van die land sluit nie, en hulle moes ook geen huweliksverbintenis met hulle aangaan nie (Deut. 7:2, 3). Trouens, God se uitverkore volk is gewaarsku: “Pas op dat jy nie ’n verbond sluit met die inwoners van die land waarheen jy gaan nie, sodat dit nie ’n strik in jou midde word nie” (Eks. 34:12). Maar die Israeliete was ongehoorsaam aan God, en hulle is verstrik. Wat het tot hulle ondergang gelei? Watter waarskuwende lesse kan ons uit hulle ondervinding leer?—1 Kor. 10:11.

Van noue omgang tot afgodediens

Toe die Israeliete die Beloofde Land in besit geneem het, het hulle vroeë oorwinnings oor die land se inwoners behaal. Maar die kinders van Israel het God se bevele nie ten volle gehoorsaam nie. Hulle het nie die vyand verdryf nie (Rigt. 1:1–2:10). Trouens, toe die Israeliete onder die “sewe nasies” van die land gaan woon het, het hulle gereelde kontak gehad met die mense van daardie nasies, wat tot vriendskappe met hulle gelei het (Deut. 7:1). Watter uitwerking het dit op die Israeliete gehad? Die Bybel sê: “Hulle het hulle dogters vir hulle as vrouens geneem, en hulle eie dogters het hulle aan hulle seuns gegee, en hulle het hulle gode begin dien. So het die kinders van Israel gedoen wat sleg was in Jehovah se oë, en hulle het Jehovah hulle God vergeet en die Baäls en die heilige pale gedien” (Rigt. 3:5-7). Vir die volk Israel het noue omgang met die inwoners van die land tot ondertrouery en afgodediens gelei. (Vergelyk Rigters 1:31, 32.) Toe huweliksverbintenisse eers aangegaan is, was dit minder waarskynlik dat Israel die heidene uit die land sou verdryf. Ware aanbidding is verderf, en die Israeliete het self valse gode begin dien.

Toe die inwoners van die Beloofde Land die Israeliete se vriende geword het, het hulle ’n groter geestelike gevaar vir hulle ingehou as toe hulle hulle vyande was. Kyk na nog ’n manier waarop godsdiensverdorwenheid kon posgevat het.

Van boerdery tot Baälaanbidding

Toe die kinders van Israel die Beloofde Land binnegegaan het, het hulle hulle nomadiese lewenswyse laat vaar en boere geword. Die landboumetodes wat hulle gebruik het, was waarskynlik soortgelyk aan dié van die mense wat die land voor hulle bewerk het. Die Israeliete het klaarblyklik nie net die boerderymetodes van die Kanaäniete aangeneem nie. Omgang met die plaaslike mense het die Israeliete ook verlok om hulle opvattings oor landbou aan te neem.

Die Kanaäniete het baie Baäls aanbid—gode wat die grond glo vrugbaar gemaak het. Die Israeliete het die land nie net bewerk en die opbrengs daarvan geoes nie, maar het mettertyd ook die Kanaänitiese gode begin vereer as die voorsieners van oorvloed. Baie in Israel het dus voorgegee dat hulle Jehovah aanbid, maar was in werklikheid skuldig aan volslae afvalligheid.

’n Kragtige waarskuwing vir ons dag

Dit is onwaarskynlik dat die Israeliete enigsins by Baälaanbidding en die gepaardgaande losbandigheid betrokke wou raak toe hulle aanvanklik met die volke van die Beloofde Land in aanraking gekom het. Nogtans is dit presies waartoe hulle omgang gelei het. Moet ons nie sulke skadelike gevolge verwag as ons noue omgang het met diegene wat dalk vriendelik is, maar nie dieselfde Christelike opvattings, waardes en beginsels as ons het nie? Ons sal natuurlik ’n mate van kontak met ongelowiges moet hê by ons werksplek, by die skool of dalk selfs tuis. Maar die Israeliete se ondervinding is vir ons ’n waarskuwing dat ons moeilikheid soek as ons sulke omgang verkies. Die Bybel bevat hierdie onvermydelike waarheid: “Slegte omgang bederf nuttige gewoontes.”—1 Kor. 15:33.

Ons kom vandag voor baie uitdagings te staan wat soortgelyk is aan dié waarvoor die Israeliete te staan gekom het. Die moderne samelewing het ook sy eie afgode. Dit sluit geld, vermaaklikheidspersoonlikhede, sportsterre, politieke stelsels, sekere godsdiensleiers en selfs gesinslede in. Enigeen van hierdie dinge kan die spil word waarom ons lewe draai. As ons hegte vriendskappe aankweek met diegene wat Jehovah nie liefhet nie, kan dit ons geestelike ondergang veroorsaak.

Ongeoorloofde seks was ’n onafskeidelike deel van Baälaanbidding wat baie Israeliete aangetrek en verlok het. Soortgelyke valstrikke eis nog steeds slagoffers onder God se volk. Byvoorbeeld, die kliek van ’n rekenaarmuis in die privaatheid van iemand se huis kan daartoe lei dat ’n nuuskierige of onbehoedsame persoon sy goeie gewete skend. Hoe hartseer sal dit tog wees as ’n Christen deur Internetpornografie verlok sou word!

“Gelukkig is dié wat sy herinneringe onderhou”

Die besluit om Jehovah te gehoorsaam of nie wat ons keuse van vriende betref, is ’n persoonlike saak (Deut. 30:19, 20). Ons moet ons dus afvra: ‘Met wie assosieer ek in my vrye tyd? Wat is hulle waardes en hulle sedes? Aanbid hulle Jehovah? Sal hulle geselskap my aanmoedig om ’n beter Christen te wees?’

Die psalmis het gesing: “Gelukkig is dié wat onberispelik is in hulle weg, dié wat in die wet van Jehovah wandel. Gelukkig is dié wat sy herinneringe onderhou; met hulle hele hart bly hulle hom soek” (Ps. 119:1, 2). Ja, “gelukkig is elkeen wat Jehovah vrees, wat in sy weë wandel” (Ps. 128:1). Mag ons, wanneer ons ons vriende kies, leer uit die foute van die Israeliete en Jehovah ten volle gehoorsaam.—Spr. 13:20.

[Prent op bladsy 26]

Noue omgang met diegene wat Jehovah nie liefhet nie, kan daartoe lei dat ons afgodediens beoefen

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel