Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w09 10/1 bl. 3
  • Die heilige gees—Waarom die verwarring?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die heilige gees—Waarom die verwarring?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Soortgelyke materiaal
  • Die heilige gees gedentifiseer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Die heilige gees—God se werkende krag
    Moet jy aan die Drie-eenheid glo?
  • ‘In die naam van die heilige gees’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Wat is die heilige gees?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
w09 10/1 bl. 3

Die heilige gees—Waarom die verwarring?

WAT is die heilige gees? Die vraag klink heel eenvoudig, maar om ’n eenvoudige antwoord te vind, is dalk nie so maklik nie. Pous Benediktus XVI het vir ’n skare in Australië gesê: “Dit lyk byna asof ’n duidelike begrip van die Gees buite ons bereik is.”

Daar is beslis baie menings en groot onsekerheid oor die vraag: Wat is die heilige gees? Hier volg ’n paar tipiese antwoorde:

• ’n Werklike persoon wat in Christus se dissipels woon.

• Goddelike wetenskap, ’n wet van God in werking.

• God se teenwoordigheid wat in die wêreld werksaam is.

• Die derde persoon in die Drie-eenheid.

Waarom hierdie verwarring? Dit dateer uit die vierde eeu HJ toe party teoloë beweer het dat die heilige gees ’n persoon is wat op die een of ander manier aan God gelyk is. Dit was egter nie ’n opvatting wat in die Skrif of deur die vroeë volgelinge van Christus geleer is nie. Die New Catholic Encyclopedia verduidelik: “Die Ou Testament beskryf God se gees beslis nie as ’n persoon nie . . . God se gees is eenvoudig God se krag.” Dieselfde bron voeg by: “Die meeste tekste in die Nuwe Testament openbaar dat God se gees iets is, nie iemand nie; dit word veral gesien in die parallelisme tussen die gees en die krag van God.”

Dit is te verstane dat mense dit moeilik vind om aan ’n krag as ’n persoon te dink. Trouens, ’n onlangse meningspeiling in die Verenigde State het aan die lig gebring dat die meeste mense die idee verwerp dat die heilige gees ’n persoon of ’n “lewende wese” is. Is hulle reg? Of moet ons die teoloë glo wat voet by stuk hou dat “die Heilige Gees ’n Persoon is wat as sodanig afsonderlik van die Vader en die Seun is”?

Om ’n betroubare antwoord te kry, moet ons na God se Woord, die Bybel, gaan, wat die heilige gees in besonderhede beskryf. Die apostel Paulus het geskryf: “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry.”—2 Timoteus 3:16, Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling.

Waarom moet jy die waarheid omtrent die heilige gees probeer uitvind? Omdat ’n begrip van hierdie waarheid die weg vir jou kan baan om hulp van God te ontvang. Voel jy soms dat jy nie in jou eie krag kan voortgaan nie? Jesus het sy dissipels belowe: “Hou aan vra, en vir julle sal gegee word . . . As julle . . . weet hoe om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die Vader in die hemel heilige gees gee aan dié wat hom vra!”—Lukas 11:9, 13.

In die volgende artikels sal ons die Skrif toelaat om aan ons te openbaar wat die heilige gees is. En ons sal sien hoe dit in ons lewe ’n krag ten goede kan wees.

[Lokteks op bladsy 3]

Die Skrif openbaar aan ons wat die heilige gees is

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel