Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w11 5/1 bl. 3
  • Probleme wat lei tot hoop

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Probleme wat lei tot hoop
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat sê die Bybel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
  • Wat is die teken van “die laaste dae”, of “die eindtyd”?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Daklose kinders—Is daar ’n oplossing?
    Ontwaak!—1990
  • Nuttige onderrigting vir ons kritieke tye
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
w11 5/1 bl. 3

Probleme wat lei tot hoop

“In die laaste dae [sal daar] kritieke tye . . . wees wat moeilik is om deur te kom.”—2 TIMOTEUS 3:1.

HET jy al van enige van die volgende hartseer gebeure gehoor—of dit self gesien?

● ’n Dodelike siekte eis tientalle lewens.

● ’n Hongersnood stuur honderde na hulle graf.

● ’n Aardbewing knip duisende se lewens kort en laat baie ander dakloos.

Op die volgende bladsye sal jou aandag gevestig word op ’n paar feite in verband met hierdie soort gebeure wat jou diep sal laat dink. Jy sal ook sien dat die Bybel sulke toestande voorspel het vir die tydperk wat “die laaste dae” genoem word.a

Die doel van hierdie artikels is egter nie om jou te oortuig dat ons in ’n wêreld vol probleme lewe nie. Jy sien hierdie probleme heel moontlik self. Dit is eerder saamgestel om jou hoop te gee. Dit sal toon dat die vervulling van hierdie ses profesieë daarop dui dat “die laaste dae” binnekort tot ’n einde sal kom. Hierdie reeks sal ook kyk na ’n paar algemene besware teen hierdie bewyse en sal ons goeie rede gee om te glo dat iets beters op hande is.

[Voetnoot]

a Om uit te vind waarom God hierdie slegte toestande toelaat, sien die artikel “Waarom laat God boosheid en lyding toe?” op bladsye 16 en 17 van hierdie tydskrif.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel