Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w15 9/1 bl. 5
  • Wat glo Jehovah se Getuies?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat glo Jehovah se Getuies?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat glo Jehovah se Getuies?
    Wat glo Jehovah se Getuies?
  • Jehovah se Getuies
    Redenering uit die Skrif
  • Waarom preek ons?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Wat glo Jehovah se Getuies?
    Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
w15 9/1 bl. 5
’n Getuie-egpaar studeer die Bybel met hulle kinders

VOORBLADONDERWERP | WIE IS JEHOVAH SE GETUIES?

Wat glo Jehovah se Getuies?

Jehovah se Getuies glo dat “die hele Skrif . . . deur God geïnspireer en . . . nuttig” is (2 Timoteus 3:16). Ons gebruik die Bybel as ’n praktiese gids wat ons help om oor die Skepper te leer en ’n sinvolle lewe te lei.

Die Bybel sê: “Sodat mense kan weet dat u, wie se naam Jehovah is, u alleen die Allerhoogste oor die hele aarde is” (Psalm 83:18). Daarom aanbid ons Jehovah God alleen, en as sy Getuies probeer ons om sy persoonlike naam bekend te maak.—Jesaja 43:10-12.

As Christene glo ons dat Jesus, “die Seun van God”a, na die aarde gekom het en die Messias geword het (Johannes 1:34, 41; 4:25, 26). Ná sy dood is Jesus tot hemelse lewe opgewek (1 Korintiërs 15:3, 4). Later het hy die Koning van God se Koninkryk geword (Openbaring 11:15). Hierdie Koninkryk is ’n werklike regering wat die Paradys op die aarde sal herstel (Daniël 2:44). “Die sagmoediges sal die aarde besit, en hulle sal hulle inderdaad verlustig in die oorvloed van vrede”, sê die Bybel.—Psalm 37:11, 29.

“Wanneer hulle die Bybel lees, glo hulle dat God met hulle praat. Wanneer hulle probleme in hulle lewe ondervind, probeer hulle ’n oplossing in God se Woord vind. . . . Vir hulle is God se Woord lewend.”—’n Katolieke geestelike Benjamin Cherayath, Münsterländische Volkszeitung, ’n Duitse koerant

Jehovah se Getuies glo dat Bybelbeginsels mense selfs vandag kan bevoordeel (Jesaja 48:17, 18). Daarom bly ons streng by hierdie beginsels. Byvoorbeeld, omdat die Bybel ons waarsku om gebruike te vermy wat ons verstand en liggaam besoedel, rook ons nie en gebruik ons nie dwelms nie (2 Korintiërs 7:1). Ons vermy ook gebruike wat spesifiek in die Bybel veroordeel word, soos dronkenskap, seksuele onsedelikheid en diefstal.—1 Korintiërs 6:9-11.

a Die Bybel verwys ook na Jesus as “die enigverwekte Seun van God” omdat hy die eerste en enigste skepping is wat direk deur Jehovah geskep is.—Johannes 3:18; Kolossense 1:13-15.

Ouers glimlag terwyl hulle seuntjie ’n geskenk oopmaak

As jy meer wil weet omtrent ons oortuigings, insluitende waarom ons nie vakansiedae vier of bloedoortappings aanvaar nie, besoek www.pr2711.com/af en kyk onder OMTRENT ONS > ALGEMENE VRAE.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel