Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wp16 nr. 6 bl. 16
  • Wat sê die Bybel?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat sê die Bybel?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2016
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Verhoor God alle gebede?
  • Moet ons in ’n spesiale posisie bid?
  • Die voorreg van gebed
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Kom nader aan God deur gebed
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Sal God my gebede verhoor?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Kom na aan God deur gebed
    Wat vereis God van ons?
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2016
wp16 nr. 6 bl. 16

Wat sê die Bybel?

Verhoor God alle gebede?

DINK JY HY VERHOOR DIE GEBEDE VAN . . .

  • Almal

  • Party mense

  • Niemand

WAT DIE BYBEL SÊ

“Jehovah is naby almal . . . wat hom in waaragtigheid aanroep.”—Psalm 145:18.

WAT KAN ONS NOG UIT DIE BYBEL LEER?

  • God luister nie na die gebede van mense wat teen hom in opstand kom nie (Jesaja 1:15). Maar hulle kan “sake [met hom] regstel” deur hulle weë te verander.—Jesaja 1:18.

  • God verhoor slegs gebede wat ooreenstem met die vereistes wat hy in die Bybel uiteengesit het.—1 Johannes 5:14.

Moet ons in ’n spesiale posisie bid?

PARTY MENSE GLO dat hulle altyd moet kniel, hulle hoof moet buig of hulle hande bymekaar moet hou wanneer hulle bid. Wat dink jy?

WAT DIE BYBEL SÊ

God het geluister na gebede van mense wat gesit, gestaan, gelê of gekniel het (1 Kronieke 17:16; 2 Kronieke 30:27; Esra 10:1; Handelinge 9:40). Hy vereis nie dat ons in ’n spesifieke posisie moet wees wanneer ons bid nie.

WAT KAN ONS NOG UIT DIE BYBEL LEER?

  • God luister na die gebede van mense wat nederig is.—Psalm 138:6.

  • Jy kan in enige taal of selfs stilletjies bid. —2 Kronieke 6:32, 33; Nehemia 2:1-6.

Vir meer inligting sien hoofstuk 17 van hierdie boek, die boek Wat leer die Bybel werklik?, uitgegee deur Jehovah se Getuies

Ook beskikbaar op www.pr2711.com/af

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel