Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w16 Desember bl. 29-31
  • Sagmoedigheid​​—⁠Die wyse weg

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sagmoedigheid​​—⁠Die wyse weg
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • DIT IS WYS OM SAGMOEDIG TE WEES
  • Gelukkig is die saggeaardes!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Sagmoedigheid – Hoe help dit ons?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
  • Hoe kan ek my humeur in toom hou?
    Ontwaak!—2009
  • Wees met sagmoedigheid beklee!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
w16 Desember bl. 29-31
’n Professionele versorger praat met ’n vrou wat kwaad is

Sagmoedigheid—Die wyse weg

Toñi, ’n professionele versorger, het die deurklokkie gelui en ’n middeljarige vrou het die deur oopgemaak. Die vrou het Toñi uitgeskel en beledig omdat sy nie vroeër gekom het om na die vrou se bejaarde moeder om te sien nie. Toñi was nie laat vir werk nie. Tog het sy kalm om verskoning gevra vir die misverstand.

MET die volgende besoek het die vrou weer teen haar uitgevaar. Hoe het Toñi gereageer? “Dit was ’n baie moeilike situasie”, het sy erken. “Haar beledigings was ongegrond.” Toñi het nietemin weer om verskoning gevra en vir die vrou gesê dat sy besef watter moeilike tyd sy deurmaak.

Hoe sou jy gereageer het as jy in Toñi se situasie was? Sou jy ’n sagmoedige gees probeer openbaar het? Sou dit vir jou moeilik gewees het om jou humeur in toom te hou? Dit is beslis nie maklik om kalm te bly in sulke situasies nie. Wanneer ons gespanne is of iemand ons sleg behandel, kan dit baie moeilik wees om sagmoedig te bly.

Die Bybel spoor Christene egter aan om sagmoedig te wees. Trouens, God se Woord verbind sagmoedigheid met wysheid. “Wie is wys en verstandig onder julle?” vra Jakobus. “Laat hom uit sy goeie gedrag sy werke toon met ’n sagmoedigheid wat by wysheid behoort” (Jak. 3:13). Hoe hou sagmoedigheid verband met die wysheid van bo? En wat kan ons help om hierdie goddelike eienskap aan te kweek?

DIT IS WYS OM SAGMOEDIG TE WEES

Sagmoedigheid kan help wanneer ’n situasie gespanne is. “’n Sagte antwoord keer woede af, maar ’n woord wat pyn veroorsaak, laat toorn opkom.”—Spr. 15:1.

As ’n mens kwaad word, kan dit ’n onaangename situasie vererger omdat dit soos olie op die vuur is (Spr. 26:21). In teenstelling hiermee het ’n sagte antwoord dikwels ’n kalmerende uitwerking. Dit kan selfs iemand met ’n vyandige houding laat sag word.

Toñi het dit sien gebeur. Die vrou wat haar beledig het, het begin huil toe Toñi haar ’n sagte antwoord gegee het. Sy het verduidelik dat sy baie persoonlike en gesinsprobleme het. Toñi kon ’n goeie getuienis gee, en ’n Bybelstudie is met die vrou begin—alles omdat Toñi kalm was en die vrede wou bewaar.

Sagmoedigheid kan ons gelukkig maak. “Gelukkig is die saggeaardes, want hulle sal die aarde beërf.”—Matt. 5:5.

Waarom is die saggeaardes gelukkig? Baie mense wat voorheen aggressief was, is nou gelukkig omdat hulle hulle met sagmoedigheid beklee het. Hulle lewe het verbeter en hulle weet dat ’n wonderlike toekoms op hulle wag (Kol. 3:12). Adolfo, ’n kringopsiener in Spanje, vertel hoe sy lewe was voordat hy in die waarheid gekom het.

“My lewe het geen doel gehad nie”, sê Adolfo. “Ek kon glad nie my humeur in toom hou nie. Dit was so erg dat sommige van my vriende my woedeuitbarstings gevrees het. My lewe het uiteindelik ’n keerpunt bereik. Ek is ses keer in ’n bakleiery gesteek en het my amper doodgebloei.”

Maar nou leer Adolfo ander deur middel van sy woorde en sy voorbeeld om sagmoedig te wees. Baie voel aangetrokke tot hom weens sy liefdevolle en aangename persoonlikheid. Adolfo sê dat hy baie bly is oor die veranderinge wat hy kon aanbring. En hy is baie dankbaar teenoor Jehovah omdat hy hom gehelp het om sagmoedigheid aan te kweek.

Sagmoedigheid maak Jehovah se hart bly. “Wees wys, my seun, en maak my hart bly, sodat ek hom wat my uittart, ’n antwoord kan gee.”—Spr. 27:11.

Jehovah word in werklikheid deur sy aartsvyand, die Duiwel, uitgetart. God het alle rede om woedend te wees oor hierdie moedswillige beledigings, en tog sê die Bybel dat Jehovah “nie gou toornig” word nie (Eks. 34:6). Wanneer ons God probeer navolg deur nie gou kwaad te word nie en sagmoedig te wees, tree ons wys op en maak ons Jehovah se hart baie bly.—Ef. 5:1.

Ons lewe vandag in ’n vyandige wêreld. Ons kom dalk mense teë wat “aanmatigend, hoogmoedig, lasteraars, . . . kwaadsprekers, sonder selfbeheersing, wreedaardig” is (2 Tim. 3:2, 3). Maar dit moenie keer dat ’n Christen sagmoedigheid aankweek nie. God se Woord herinner ons daaraan dat “die wysheid van bo . . . vredeliewend, redelik” is (Jak. 3:17). As ons vredeliewend en redelik is, toon dit dat ons goddelike wysheid verkry het. Hierdie wysheid sal ons help om sagmoedig op te tree wanneer ander ons kwaad maak. Dit sal ons ook help om nog nader te kom aan die Bron van oneindige wysheid, Jehovah.

Hoe om sagmoedigheid aan te kweek

Gestel iemand behandel jou onbeskof of onregverdig. Wat kan jou help om kalm te bly en te reageer op ’n manier wat Jehovah sal bly maak? Jy kan gerus oor die volgende waardevolle beginsels nadink.

  1. 1 VERMY DIE GEES VAN DIE WÊRELD. Baie dink dat sagmoedigheid ’n swakheid is. Hulle meen dat dit op innerlike krag dui as ’n persoon dominerend en aggressief is. Hierdie denke weerspieël “die gees van die wêreld”—nie die wysheid van bo nie (1 Kor. 2:12). Trouens, die Bybel toon duidelik dat sagmoedigheid groot krag het. Dit kan selfs weerstand wat so sterk soos ’n been is, afbreek. Spreuke 25:15 sê: “Deur geduld word ’n aanvoerder oorgehaal, en ’n sagte tong kan die gebeente breek.”

    Vrae om oor na te dink:

    Beskou ek sagmoedigheid as ’n teken van krag of van swakheid?

    Probeer ek “die werke van die vlees” vermy, soos vlae van toorn en twis?—Gal. 5:19, 20.

  2. 2 DINK EERS GOED NA. “Die hart van die regverdige dink na sodat hy kan antwoord, maar die mond van die goddeloses laat slegte dinge uitborrel” (Spr. 15:28). As ons praat wanneer ons kwaad is, sal ons dalk dinge sê waaroor ons later spyt sal wees. Maar as ons dink voordat ons praat, sal ons ons gedagtes agtermekaar kan kry, ’n sagte antwoord kan gee en ’n gunstige reaksie uitlok.

    Vrae om oor na te dink:

    Watter uitwerking sal dit op my hê as ek my humeur verloor?

    Kan ek, ter wille van die vrede, die oortreding oorsien?—Spr. 19:11.

  3. 3 BID GEREELD. Bid vir heilige gees, die sterkste krag in die heelal (Luk. 11:13). Onthou dat die vrug van God se heilige gees sagmoedigheid en selfbeheersing insluit. “Ek het voortdurend tot Jehovah gebid en dit het my baie gehelp, veral in situasies waar dit moeilik was om kalm te bly”, vertel Adolfo. Jehovah sal ons innige gebede vir heilige gees ook verhoor as ons “[volhou] met gebed”.—Rom. 12:12.

    Vrae om oor na te dink:

    Vra ek Jehovah gereeld in gebed om my hart en beweegredes te ondersoek?

    Vra ek hom vir sy heilige gees en die wysheid om op te tree op ’n manier wat sy hart bly maak?—Ps. 139:23, 24; Jak. 1:5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel