Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wp17 nr. 5 bl. 3
  • Engele—Kan hulle ’n invloed op jou lewe hê?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Engele—Kan hulle ’n invloed op jou lewe hê?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
  • Soortgelyke materiaal
  • Het jy ’n beskermengel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
  • Engele—Beïnvloed hulle jou lewe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Hoe engele jou kan help
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Die engele—“Geeste vir openbare diens”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
wp17 nr. 5 bl. 3
’n Paartjie troos ’n vrou met behulp van die Bybel

VOORBLADONDERWERP | ENGELE—BESTAAN HULLE REGTIG? WAAROM DIT SAAK MAAK

Engele—Kan hulle ’n invloed op jou lewe hê?

Een Sondagmiddag het Kenneth en Filomena, wat in Curaçao woon, ’n getroude paartjie met wie hulle ’n Bybelstudie hou, gaan besoek.

Kenneth vertel: “Toe ons daar aankom, het dit gelyk asof niemand by die huis is nie en hulle kar was ook nie daar nie. Maar iets het my beweeg om die vrou te bel.”

Die vrou was by die huis en het geantwoord en verduidelik dat haar man by die werk is. Maar toe sy besef dat Kenneth en Filomena voor haar deur staan, het sy vir hulle kom oopmaak en hulle ingenooi.

Hulle kon dadelik sien dat sy gehuil het. Voordat Kenneth die Bybelstudie begin het, het hy gebid, en gedurende die gebed het die vrou weer begin huil. Daarom het Kenneth en Filomena die vrou liefdevol gevra wat verkeerd is.

Die vrou het verduidelik dat sy van plan was om daardie middag selfmoord te pleeg. Sy was besig om ’n selfmoordbriefie vir haar man te skryf toe Kenneth haar bel. Sy het vir hulle vertel dat sy aan depressie ly, en daarom het hulle vir haar tekste uit die Bybel gelees om haar te vertroos. Hulle aanmoedigende woorde het haar lewe gered.

Kenneth sê: “Ons het vir Jehovah dankie gesê omdat hy ons gebruik het om hierdie depressiewe vrou te help en veral omdat hy ons beweeg het—dalk deur middel van ’n engel of Sy heilige gees—om haar te bel!”a

Het Kenneth en Filomena goeie rede om te glo dat God hulle deur ’n engel of Sy heilige gees, met ander woorde Sy werkende krag, gehelp het? Of was dit toevallig dat Kenneth net op die regte tyd gebel het?

Ons kan nie seker wees nie. Maar wat ons wel weet, is dat God sy engele gebruik om mense geestelik te help sodat hulle God beter kan leer ken. Byvoorbeeld, die Bybel sê dat God die Christen-evangeliedienaar Filippus deur middel van ’n engel gestuur het na ’n Etiopiese amptenaar wat geestelike hulp nodig gehad het.—Handelinge 8:26-31.

Verskillende godsdienste leer dat bonatuurlike geespersone bestaan. Party van hulle word uitgebeeld as goeie geespersone wat God se wil doen of wat as persoonlike beskermengele optree. Baie mense glo nie net dat engele bestaan nie, maar ook dat hierdie geeste ’n betekenisvolle invloed op hulle lewe het. Ander mense glo weer glad nie in engele nie.

Bestaan engele regtig? As dit waar is, waar kom hulle vandaan? Wat is die waarheid oor engele? Kan hulle ’n invloed op jou lewe hê? Kom ons kyk na die feite.

a Volgens die Bybel is God se naam Jehovah.—Psalm 83:18.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel