Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w17 Augustus bl. 32
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2017
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat ons uit Maria se voorbeeld kan leer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Maria – Swanger maar ongetroud
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Hy het Goddelike leiding aanvaar
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Sy het “in haar hart gevolgtrekkings gemaak”
    Volg hulle geloof na
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2017
w17 Augustus bl. 32

Vrae Van Lesers

Waarom verskil Matteus en Lukas se verslae oor die eerste paar jaar van Jesus se lewe?

Matteus se verslag van Jesus se geboorte en die eerste paar jaar van sy lewe verskil ietwat van Lukas se verslag omdat hulle verslae uit twee verskillende oogpunte geskryf is.

Matteus se verslag fokus meer op Josef. Dit vertel hoe Josef gereageer het toe hy hoor dat Maria swanger is, van die droom waarin die engel vir hom die situasie verduidelik het en hoe hy die engel se instruksies gevolg het (Matt. 1:19-25). Die verslag vertel verder hoe ’n engel Josef in ’n droom gewaarsku het. Die engel het gesê dat Josef en sy gesin na Egipte moes vlug. Dan sê Matteus dat Josef nog ’n droom gehad het waarin die engel vir hom gesê het om na Israel terug te gaan en dat hulle toe in Nasaret gaan bly het (Matt. 2:13, 14, 19-23). In die eerste paar hoofstukke van die boek Matteus word Josef se naam agt keer genoem, maar Maria s’n net vier keer.

Lukas se verslag is meer gefokus op Maria. Hierdie verslag vertel ons van die engel Gabriël se besoek aan Maria, haar besoek aan haar familielid Elisabet en hoe Maria Jehovah geloof het (Luk. 1:26-56). Lukas haal ook Simeon se woorde aan Maria aan dat Jesus sal ly. Dan skryf Lukas oor die keer toe Jesus saam met sy familie die tempel besoek het toe hy 12 jaar oud was. Hier haal Lukas Maria se woorde aan, en nie Josef s’n nie. Hy vertel ook hoe hierdie gebeure Maria diep geraak het (Luk. 2:19, 34, 35, 48, 51). In die eerste twee hoofstukke van die boek Lukas word Maria se naam 12 keer genoem, maar Josef s’n net drie keer. Daarom kan ons sê dat Matteus ons meer vertel oor wat Josef gedink en gedoen het en Lukas vertel ons meer van Maria se ondervindinge.

Selfs die geslagslyste wat die twee Evangelieskrywers saamgestel het, verskil van mekaar. Matteus het Josef se geslagslyn neergeskryf wat wys dat Jesus, as Josef se aangenome seun, die wetlike reg op Dawid se koningskap het. Josef was ’n nakomeling van koning Dawid se seun Salomo (Matt. 1:6, 16). Maar Lukas het Maria se geslagslyn neergeskryf wat wys dat Jesus die natuurlike reg op Dawid se koningskap “na die vlees” het (Rom. 1:3). Maria was ’n nakomeling van koning Dawid se seun Natan (Luk. 3:31). Maar waarom noem Lukas Maria dan nie die dogter van Heli, haar vader, nie? Want die amptelike geslagsregisters was in die man se naam gehou. Toe Lukas Josef die seun van Heli genoem het, het dit beteken dat Josef Heli se skoonseun was.—Luk. 3:23.

Die geslagslyste wat Matteus en Lukas saamgestel het, bewys dat Jesus die beloofde Messias was. Die geslagslyn van Jesus was so welbekend dat selfs die Fariseërs en Sadduseërs dit nie kon ontken nie. Matteus en Lukas se geslagslyste vorm deel van ons geloof en oortuig ons dat God se ander beloftes ook vervul sal word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel