Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w19 Desember bl. 15
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2019
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe was die lewe in die Paradys?
    Luister na God en lewe vir ewig
  • Lewe ná die dood—Wat glo mense?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Opstand in die geesteryk
    Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? bestaan hulle werklik?
  • Het jy ’n onsterflike siel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2019
w19 Desember bl. 15

Vrae van lesers

Satan het vir Eva gesê dat sy nie sou sterf as sy van die boom van die kennis van goed en kwaad eet nie. Wou hy hê dat sy moes dink dat die siel onsterflik is, iets wat baie mense vandag glo?

Eva word deur Satan versoek, wat deur middel van ’n slang praat

Blykbaar nie. Die Duiwel het nie vir Eva gesê dat haar liggaam sou sterf en dat ’n onsigbare deel van haar (wat party vandag die onsterflike siel noem) êrens anders sou voortleef as sy van die verbode vrug sou eet nie. Toe Satan deur die slang gepraat het, het hy gesê dat as Eva van die vrug van daardie boom sou eet, sy “sekerlik nie [sal] sterf nie”. Hy het beweer dat sy sou aanhou leef en ’n beter lewe op aarde sou geniet, ’n lewe onafhanklik van God. – Gen. 2:17; 3:3-5.

As die valse leerstelling van die onsterflikheid van die siel nie sy oorsprong in Eden gehad het nie, wanneer het dit dan ontstaan? Ons kan nie met sekerheid sê nie. Ons weet wel dat alle valse aanbidding by die Vloed in Noag se dag tot ’n einde gekom het. Geen verkeerde godsdiensidees het die Vloed oorleef nie, want net Noag en sy gesin – ware aanbidders – het oorleef.

So die leerstelling dat die mens ’n onsterflike siel het, moes ná die Vloed ontstaan het. Toe God die tale by Babel verwar het en mense “oor die hele oppervlak van die aarde verstrooi” is, het hulle ongetwyfeld die idee dat mense ’n onsterflike siel het, saam met hulle geneem (Gen. 11:8, 9). Maar dit maak nie saak wanneer hierdie valse idee ontstaan het nie, ons kan seker wees dat “die vader van die leuen”, Satan die Duiwel, agter hierdie leuen sit en bly was om te sien hoe dit versprei. – Joh. 8:44.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel