Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool
Die volgende vrae sal gedurende die week wat begin met 29 Oktober 2012 tydens die Teokratiese Bedieningskool bespreek word. Die datum waarop elke punt gedek moet word, word ingesluit sodat navorsing gedurende die weeklikse voorbereiding vir die skool gedoen kan word.
1. Wat word voorgestel deur die altaar wat Esegiël in ’n visioen gesien het? (Eseg. 43:13-20). [10 Sept., w07 8/1 bl. 10 par. 4]
2. Wat word deur die water van die rivier in Esegiël se visioen afgebeeld? (Eseg. 47:1-5). [17 Sept., w07 8/1 bl. 11 par. 1]
3. Wat openbaar die woorde “het in sy hart besluit” oor die geestelike onderrigting wat Daniël ontvang het terwyl hy jonk was? (Dan. 1:8). [24 Sept., dp bl. 33-34 par. 7-9; bl. 37 par. 16]
4. Wat is voorgestel, of gesimboliseer, deur die ontsaglike boom in Nebukadnesar se droom? (Dan. 4:10, 11, 20-22). [1 Okt., w07 9/1 bl. 18 par. 5]
5. Wat leer Daniël 9:17-19 ons in verband met gebed? [8 Okt., w07 9/1 bl. 20 par. 5-6]
6. Watter verbond het ‘vir baie van krag gebly’ tot aan die einde van die 70ste week van jare, of 36 HJ? (Dan. 9:27). [8 Okt., w07 9/1 bl. 20 par. 4]
7. Wat kan ons aflei uit die engel se woorde aan Daniël dat “die vors van die koninklike gebied van Persië” hom teëgestaan het? (Dan. 10:13). [15 Okt., w11 9/1 bl. 8 par. 2-3]
8. Watter Bybelprofesie aangaande die Messias is in verband met Daniël 11:20 vervul? [15 Okt., dp bl. 232-233 par. 5-6]
9. Wat is volgens Hosea 4:11 een van die gevare van oormatige alkoholinname? [22 Okt., w10 1/1 bl. 4-5]
10. Watter lewensbelangrike les moet ons uit Hosea 6:6 leer? [22 Okt., w07 9/15 bl. 16 par. 8; w05 11/15 bl. 24 par. 11-12]