Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w22 Februarie bl. 31
  • Het jy geweet?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Het jy geweet?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • Soortgelyke materiaal
  • Hy neem ons beperkings in ag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Het jy geweet?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2017
  • Die raaisels van migrasie word ondersoek
    Ontwaak!—1995
  • Bring offerandes wat God behaag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
w22 Februarie bl. 31

Het jy geweet?

Hoekom was dit goed dat duiwe sowel as tortelduiwe as offers geoffer kon word?

ONDER die Wet kon duiwe sowel as tortelduiwe as offers aan Jehovah geoffer word. Hierdie twee voëls is altyd saam in die wette oor offers genoem, en al twee kon vir dieselfde soorte offers gebruik word (Lev. 1:14; 12:8; 14:30). Hoekom was dit ’n goeie ding? Een rede is dat dit nie altyd maklik was om tortelduiwe in die hande te kry nie. Hoekom nie?

Tortelduif

Tortelduiwe is trekvoëls, wat in die warmer maande regoor Israel gevind kan word. Elke Oktober migreer hulle suidwaarts na warmer lande, en dan kom hulle in die lente terug Israel toe (Hoogl. 2:11, 12; Jer. 8:7). So in Bybeltye sou dit vir die Israeliete moeilik gewees het om tortelduiwe in die winter as offers te offer.

Bosduif

Maar duiwe migreer nie gewoonlik nie, en daarom kon hulle dwarsdeur die jaar in Israel gevind word. En mense het duiwe aangehou. (Vergelyk Johannes 2:14, 16.) Volgens die boek Bible Plants and Animals, “het mense in al die dorpies en dorpe in Palestina duiwe aangehou. Elke huiseienaar het sy eie duiwehok of ’n gat in die muur vir sy duiwe gehad.” – Vergelyk Jesaja 60:8.

Duif in ’n gat in die muur

Deur toe te laat dat die Israeliete voëls offer wat dwarsdeur die jaar beskikbaar was, het Jehovah gewys hoe liefdevol en redelik hy is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel