Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yb16 bl. 126-bl. 127 par. 3
  • ’n Ware dogter van Sara

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Ware dogter van Sara
  • 2016 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Soortgelyke materiaal
  • Sê vir hulle dat jy lief is vir hulle
    Ondervindinge van Jehovah se Getuies
  • God het haar “Prinses” genoem
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
  • ‘God is nie partydig nie’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • ‘Jy is ’n vrou wat pragtig is’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
Sien nog
2016 Jaarboek van Jehovah se Getuies
yb16 bl. 126-bl. 127 par. 3

INDONESIË

’n Ware dogter van Sara

Titi Koetin

  • GEBORE 1928

  • GEDOOP 1957

  • PROFIEL ’n Suster wat haar man taktvol gehelp het om die waarheid te leer, hoewel hy haar aanvanklik teëgestaan het.—Soos vertel deur haar seun, Mario Koetin.

Titi Koetin

MY MA was ’n goedhartige, spontane persoon wat lief was vir die Bybel. Toe sy Gertrud Ott, ’n sendeling in Manado, Noord-Sulawesi, ontmoet het, het sy met graagte ’n Bybelstudie aanvaar en die waarheid aangeneem. Maar my pa, Erwin, ’n vooraanstaande bankier en later voorsitter van Djakarta se Aandelebeurs, het haar nuwe godsdiens hewig teëgestaan.

Eendag het my pa vir haar ’n ultimatum gestel.

“Jou godsdiens of jou man—jy moet kies!” het hy woedend gesê.

My ma het lank en ernstig daaroor nagedink. Toe het sy liefdevol geantwoord: “Ek wil albei hê—my man en Jehovah.”

My pa was sprakeloos, en sy woede het verdwyn.

Mettertyd het my pa verdraagsamer geword, want hy was baie lief vir my ma en het haar wysheid en insig baie waardeer.

My ma wou egter hê dat haar man saam met haar ware aanbidding moet beoefen. Nadat sy ernstig oor die saak gebid het, het dit by haar opgekom dat my pa dit geniet om nuwe tale te leer. Daarom het sy besluit om oral in die huis Bybeltekste in Engels te sit op plekke waar hy dit sou sien. “Ek probeer my Engels verbeter”, het sy vir hom gesê. Omdat sy geweet het dat die openbare spreekkuns vir hom baie belangrik was, het sy hom ook gevra om haar te help om haar toesprake vir die Teokratiese Bedieningskool te oefen. Hy het ingestem. Aangesien hy baie gasvry was, het sy gevra of hulle huisvesting aan die besoekende kringopsiener kan voorsien. Hy het ja gesê. En omdat sy geweet het dat sy gesin vir hom kosbaar is, het sy taktvol voorgestel dat hy dalk daarvan sal hou om saam met ons by Christenbyeenkomste te sit. En hy het.

My ma se geduldige en insigryke pogings het geleidelik my pa se hart versag. Later, toe ons gesin in Engeland gewoon het, het hy vergaderinge bygewoon en vriende gemaak met John Barr, wat ’n lid van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies geword het. Daardie selfde jaar is my pa gedoop, en dit het my ma onbeskryflike vreugde verskaf. In die daaropvolgende jare het hy haar op die hande gedra.

My ma was ’n kuis, eerbiedige en baie geestelike vrou wat ’n diep indruk gemaak het op almal wat haar geken het

Party van ons vriende vergelyk my ma met Lidia, ’n eertydse Christenvrou wat ’n uitstekende voorbeeld van gasvryheid was (Hand. 16:14, 15). Maar ek dink baie keer dat sy soos Sara was, wat haar gewillig aan haar man, Abraham, onderwerp het (1 Pet. 3:4-6). My ma was ’n kuis, eerbiedige en baie geestelike vrou wat ’n diep indruk gemaak het op almal wat haar geken het. Dit was haar voorbeeld wat my pa gehelp het om die waarheid aan te neem. Volgens my was sy ’n ware dogter van Sara.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel