Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwyp artikel 124
  • Hoe kan ek beter daarin word om met ander te praat?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe kan ek beter daarin word om met ander te praat?
  • Jongmense vra
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoekom moet ek in persoon met ander praat?
  • Hoe om ’n gesprek te begin
  • Hoe om jou kommunikasievermoë te verbeter
    Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool
  • Verbeter jou vaardighede in die bediening—Hoe om ’n gesprek te begin om informeel te getuig
    Ons Koninkryksbediening—2014
  • Gesprekvoering is ’n kuns
    Ontwaak!—1995
  • Belangstelling in ander
    Wees lief vir mense – Maak dissipels
Sien nog
Jongmense vra
ijwyp artikel 124
’n Tienerseun gesels met ’n paar van sy skoolmaats gedurende middagete.

JONGMENSE VRA

Hoe kan ek beter daarin word om met ander te praat?

In hierdie artikel

  • Hoekom moet ek in persoon met ander praat?

  • Hoe om ’n gesprek te begin

  • Wat ander jongmense sê

Hoekom moet ek in persoon met ander praat?

Party mense sê dat dit moeilik en stresvol is om in persoon met ander te praat en dat dit baie makliker is om teksboodskappe vir iemand te stuur.

“Daar is meer druk wanneer jy in persoon met iemand praat omdat jy nie die dinge wat jy sê, kan verander of uitvee nie.” – Anna.

“Om ’n teksboodskap te stuur is soos ’n program wat voor die tyd opgeneem is, maar om in persoon met iemand te praat is soos om voor ’n gehoor op te tree. Al waaraan ek kan dink wanneer ek praat is: ‘Moenie droogmaak nie!’” – Jean.

Maar die een of ander tyd sal jy moet leer hoe om in persoon met ander te praat. Byvoorbeeld, jy sal dit nodig hê as jy nuwe vriende wil maak, ’n werk wil kry en behou of ’n romantiese verhouding met iemand wil begin wanneer jy reg is daarvoor.

Jy hoef nie bang te wees om in persoon met ander te praat nie. Jy kan leer hoe om dit te doen – selfs al is jy skaam.

’n Gloeilamp.

Wenk: Moenie bekommerd wees dat jy foute gaan maak nie. Om te leer hoe om met ander te praat, is soos om te leer hoe om fiets te ry. Jy “val” dalk ’n paar keer, maar as jy oefen, sal jy verbeter en dit begin geniet om gesprekke te hê!

“Almal van ons sê partykeer die verkeerde ding en voel dan skaam daaroor. Jy kan nie verwag om volmaak te wees nie.” – Neal.

Hoe om ’n gesprek te begin

  • Vra vrae. Dink aan ’n onderwerp waarin mense dalk sal belangstel, en gebruik dit dan om ’n gesprek te begin. Byvoorbeeld:

    “Waarheen het jy hierdie vakansie gegaan?”

    “Dis ’n cool webwerf. Het jy dit al gesien?”

    “Het jy gehoor van . . . ?”

    Om selfs meer spesifiek te wees, dink aan ondervindinge wat jy en die persoon gehad het of dinge wat julle albei geniet om te doen. Byvoorbeeld, is julle by dieselfde skool of werk julle saam? Gebruik iets waarin julle albei belangstel as ’n basis vir jou vrae.

    Twee tienerseuns gesels met mekaar terwyl hulle middagete eet. ’n Spraakborrel wys ’n sokkerbal.

    “Dink aan vrae wat vir jou interessant is en waarop jy graag die antwoorde wil hoor.” – Maritza.

    ’n Gloeilamp.

    Wenk: Vrae soos dié hierbo kan goeie onderwerpe wees om te gebruik om gesprekke te begin. As dit moontlik is, vra vrae wat nie net ’n ja of nee antwoord vereis nie. Byvoorbeeld, jy sal dalk ’n beter antwoord kry as jy vra: “Watter deel van die fliek het jy geniet?” eerder as om net te vra: “Het jy die fliek geniet?”

    Wees versigtig: Moenie die persoon angstig of senuweeagtig laat voel deur te veel vrae te vra nie. En moet ook nie te persoonlik raak nie. Vrae soos “Wat is jou grootste vrees?” of “Hoekom dra jy altyd blou?” kan hulle dalk ongemaklik laat voel. Die tweede vraag kan dalk klink asof jy hulle kritiseer!

    Jy kan dit ook vermy om te klink asof jy die persoon ondervra. Sê byvoorbeeld vir die persoon wat jou opinie is van die vraag wat jy gevra het voor of ná die persoon ’n antwoord gee. Met ander woorde, maak dit ’n gesprek – nie ’n onderhoud nie.

    ’n Tienerseun met ’n polisie-uniform aan, frons en skryf iets op ’n knyperbord. Die seun oorkant hom lyk bang en verskrik terwyl ’n helder lig in sy gesig skyn.

    Laat jou vrae dit klink asof jy die persoon ondervra?

    Bybelbeginsel: “’n Mens se gedagtes lê baie diep – soos die water onder in ’n put. Maar iemand wat verstandig is, kan ’n ander se gedagtes na die oppervlakte bring.” – Spreuke 20:5, Die Lewende Bybel.

  • Wees ’n goeie luisteraar. Jou sukses om met ’n gesprek aan te gaan, hang meer af van jou vermoë om te luister as jou vermoë om te praat.

    “Ek probeer om een nuwe ding oor die persoon met wie ek praat, te leer. Ná die tyd probeer ek onthou wat die persoon gesê het sodat ek aan ’n goeie vraag kan dink om hom of haar te vra wanneer ons weer gesels.” – Tamara.

    ’n Gloeilamp.

    Wenk: Moenie bekommerd raak as jy nie aan nog goed kan dink om oor te praat nie. Kyk na die dinge om jou. Is jy by die skool? by die werk? by ’n geleentheid? Jy kan jou omgewing gebruik as iets om oor te praat. Byvoorbeeld, jy kan vir ’n werksmaat vra: “Vat dit jou lank om by die werk te kom?”

    Wees versigtig: Moenie bekommerd wees oor wat jy volgende gaan sê nie. As jy mooi luister, sal jy kan reageer op wat die ander persoon sê.

    Bybelbeginsel: “Wees [gou] om te hoor, stadig om te praat.” – Jakobus 1:19.

  • Wys dat jy regtig belangstel. Jy sal die gesprek baie meer geniet as jy omgee oor die persoon met wie jy praat.

    Twee tienermeisies kyk na mekaar terwyl hulle op ’n bankie buite sit. Een van die meisies luister aandagtig terwyl die ander meisie sê hoe sy voel.

    “Wanneer jy die persoon laat voel dat jy regtig omgee oor wat hy of sy sê, sal jy die gesprek geniet – selfs al is daar ’n paar ongemaklike oomblikke.” – Marie.

    ’n Gloeilamp.

    Wenk: Gee die persoon ’n opregte kompliment en vra hom of haar dan ’n vraag. Jy kan byvoorbeeld sê: “Dis ’n mooi jas. Waar het jy dit gekoop?”

    Wees versigtig: Moenie te persoonlik raak nie. ’n Kompliment soos “Dis ’n mooi jas. Hoeveel het dit gekos?” kan dalk soos ’n belediging klink!

    Bybelbeginsel: “[Moenie] net aan julle eie belange dink nie, maar ook aan die belange van ander.” – Filippense 2:4.

Hoe kan jy ’n gesprek beëindig? ’n Jong man met die naam Jordan sê: “Probeer om die gesprek te beëindig deur iets positiefs te sê. Dit kan dit makliker maak om weer met die persoon te gesels as jy iets sê soos: ‘Dit was regtig lekker om met jou te gesels’ of ‘Ek hoop jy het ’n wonderlike dag’.”

Wat ander jongmense sê

  • Bethel.

    “Om te leer om met ander te kommunikeer is soortgelyk aan om ’n nuwe taal te leer. Aan die begin is dit moeilik, maar met moeite en oefening kan jy daarin verbeter.” – Bethel.

  • Isaac.

    “Luister mooi terwyl die ander persoon praat. Behou oogkontak. Knik jou kop wanneer dit gepas is. Glimlag. Mense hou daarvan wanneer jy wys dat jy geluister het na wat hulle gesê het.” – Isaac.

  • Kate.

    “Ek het senuweeagtig gevoel om met ander mense te praat. Partykeer voel ek nog steeds so. Maar dit help my as ek opreg belangstel in die ander persoon in plaas daarvan om op my eie onsekerhede te fokus.” – Kate.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel