Psalms 114 Toe Israel uit Egipte uitgetrek het,+Die huis van Jakob weg van ’n volk wat onverstaanbaar praat,+ 2 Het Juda sy heiligdom geword,+Israel sy grootse ryksgebied.+ 3 Die see het dit gesien en gevlug;+Wat die Jordaan betref, dit het begin terugdraai.+ 4 Die berge het soos ramme rondgehuppel,+Die heuwels soos lammers. 5 Wat was dit met jou, o see, dat jy gevlug het,+O Jordaan, dat jy begin terugdraai het?+ 6 O berge, dat julle soos ramme rondgehuppel het;+O heuwels, soos lammers?+ 7 Krimp ineen van pyn weens die Here, o aarde,+Weens die God van Jakob, 8 Wat die rots in ’n waterpoel vol riete verander,+’n Vuurkliprots in ’n waterfontein.+