Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 1 Samuel 18
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van 1 Samuel

      • Dawid en Jonatan se vriendskap (1-4)

      • Dawid se oorwinnings maak Saul jaloers (5-9)

      • Saul probeer Dawid doodmaak (10-19)

      • Dawid trou met Saul se dogter Migal (20-30)

1 Samuel 18:1

Kruisverwysings

  • +1Sa 14:1, 49
  • +1Sa 19:2; 20:17, 41; 2Sa 1:26

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring (Studie-uitgawe),

    2021/1, bl. 21-22

    Geniet die lewe vir ewig!, les 48

    Die Wagtoring,

    1989/1/1, bl. 24, 28

    Oorlewing, bl. 140-141

1 Samuel 18:2

Kruisverwysings

  • +1Sa 8:11; 16:22; 17:15

1 Samuel 18:3

Kruisverwysings

  • +1Sa 20:8, 42; 23:18; 2Sa 9:1; 21:7
  • +Spr 17:17; 18:24

1 Samuel 18:4

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    1989/1/1, bl. 24

1 Samuel 18:5

Voetnote

  • *

    Of “het verstandig opgetree”.

Kruisverwysings

  • +1Sa 18:30
  • +1Sa 14:52

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    1989/3/15, bl. 13

1 Samuel 18:6

Kruisverwysings

  • +Eks 15:20, 21; Rig 5:1
  • +Rig 11:34

1 Samuel 18:7

Kruisverwysings

  • +1Sa 21:11; 29:5

1 Samuel 18:8

Kruisverwysings

  • +Ge 4:5; Spr 14:30
  • +1Sa 13:14; 15:27, 28; 16:13; 20:31; 24:17, 20

1 Samuel 18:10

Voetnote

  • *

    Of “soos ’n profeet”.

Kruisverwysings

  • +1Sa 16:14
  • +1Sa 16:16, 23
  • +1Sa 19:9, 10

1 Samuel 18:11

Kruisverwysings

  • +1Sa 20:33

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2008/9/15, bl. 4

1 Samuel 18:12

Kruisverwysings

  • +1Sa 18:28, 29
  • +1Sa 16:14

1 Samuel 18:13

Voetnote

  • *

    Lett. “en hy het voor die volk uitgegaan en ingekom”.

Kruisverwysings

  • +2Sa 5:2

1 Samuel 18:14

Voetnote

  • *

    Of “het verstandig opgetree”.

Kruisverwysings

  • +1Sa 18:5
  • +Ge 39:2; Jos 6:27; 1Sa 10:7; 16:18

1 Samuel 18:17

Kruisverwysings

  • +1Sa 14:49
  • +1Sa 17:25
  • +1Sa 25:28
  • +1Sa 18:25

1 Samuel 18:18

Kruisverwysings

  • +2Sa 7:18

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2004/4/1, bl. 15

1 Samuel 18:19

Kruisverwysings

  • +2Sa 21:8

1 Samuel 18:20

Kruisverwysings

  • +1Sa 14:49; 19:11; 25:44; 2Sa 3:13; 6:16

1 Samuel 18:21

Voetnote

  • *

    Of “’n huweliksverbintenis met my aangaan”.

Kruisverwysings

  • +1Sa 18:17

1 Samuel 18:23

Kruisverwysings

  • +1Sa 18:18

1 Samuel 18:25

Kruisverwysings

  • +Ge 29:18
  • +1Sa 17:26, 36; 2Sa 3:14

1 Samuel 18:26

Kruisverwysings

  • +1Sa 18:21

1 Samuel 18:27

Kruisverwysings

  • +1Sa 17:25

1 Samuel 18:28

Kruisverwysings

  • +1Sa 16:13; 24:17, 20
  • +1Sa 18:20

1 Samuel 18:29

Kruisverwysings

  • +1Sa 18:9, 12; 20:33

1 Samuel 18:30

Voetnote

  • *

    Of “het Dawid verstandiger opgetree”.

Kruisverwysings

  • +1Sa 18:5
  • +2Sa 7:9

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

1 Sam. 18:11Sa 14:1, 49
1 Sam. 18:11Sa 19:2; 20:17, 41; 2Sa 1:26
1 Sam. 18:21Sa 8:11; 16:22; 17:15
1 Sam. 18:31Sa 20:8, 42; 23:18; 2Sa 9:1; 21:7
1 Sam. 18:3Spr 17:17; 18:24
1 Sam. 18:51Sa 18:30
1 Sam. 18:51Sa 14:52
1 Sam. 18:6Eks 15:20, 21; Rig 5:1
1 Sam. 18:6Rig 11:34
1 Sam. 18:71Sa 21:11; 29:5
1 Sam. 18:8Ge 4:5; Spr 14:30
1 Sam. 18:81Sa 13:14; 15:27, 28; 16:13; 20:31; 24:17, 20
1 Sam. 18:101Sa 16:14
1 Sam. 18:101Sa 16:16, 23
1 Sam. 18:101Sa 19:9, 10
1 Sam. 18:111Sa 20:33
1 Sam. 18:121Sa 18:28, 29
1 Sam. 18:121Sa 16:14
1 Sam. 18:132Sa 5:2
1 Sam. 18:141Sa 18:5
1 Sam. 18:14Ge 39:2; Jos 6:27; 1Sa 10:7; 16:18
1 Sam. 18:171Sa 14:49
1 Sam. 18:171Sa 17:25
1 Sam. 18:171Sa 25:28
1 Sam. 18:171Sa 18:25
1 Sam. 18:182Sa 7:18
1 Sam. 18:192Sa 21:8
1 Sam. 18:201Sa 14:49; 19:11; 25:44; 2Sa 3:13; 6:16
1 Sam. 18:211Sa 18:17
1 Sam. 18:231Sa 18:18
1 Sam. 18:25Ge 29:18
1 Sam. 18:251Sa 17:26, 36; 2Sa 3:14
1 Sam. 18:261Sa 18:21
1 Sam. 18:271Sa 17:25
1 Sam. 18:281Sa 16:13; 24:17, 20
1 Sam. 18:281Sa 18:20
1 Sam. 18:291Sa 18:9, 12; 20:33
1 Sam. 18:301Sa 18:5
1 Sam. 18:302Sa 7:9
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
  • 23
  • 24
  • 25
  • 26
  • 27
  • 28
  • 29
  • 30
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
1 Samuel 18:1-30

Die eerste boek van Samuel

18 Nadat Dawid met Saul gepraat het, het Joʹnatan+ baie geheg geraak aan Dawid. ’n Hegte vriendskap het tussen hulle ontwikkel, en Joʹnatan het net so lief geword vir Dawid soos vir homself.+ 2 Van daardie dag af het Saul Dawid by hom gehou, en hy het hom nie toegelaat om na sy pa se huis terug te keer nie.+ 3 En Joʹnatan en Dawid het ’n verbond gemaak,+ want Joʹnatan het hom liefgehad soos homself.+ 4 Joʹnatan het sy moulose oorkleed uitgetrek en dit vir Dawid gegee, asook sy uitrusting, sy swaard, sy boog en sy lyfband. 5 Dawid het begin uitgaan om oorlog te voer en was suksesvol*+ waar Saul hom ook al gestuur het. Daarom het Saul hom oor die vegters+ aangestel, en die hele volk en die knegte van Saul was bly daaroor.

6 Wanneer Dawid en die ander van ’n oorwinning oor die Filistyne teruggekeer het, het die vrouens uit al die stede van Israel gekom om koning Saul te ontmoet. Hulle het dan gesing+ en gedans, op tamboeryne+ en luite gespeel en vreugdevol uitgeroep. 7 Die vrouens wat die geleentheid gevier het, het gesing:

“Saul het sy duisende verslaan,

en Dawid sy tienduisende.”+

8 Saul het baie kwaad geword,+ en hy het niks van die lied gehou nie en het gesê: “Hulle sê dat Dawid tienduisende verslaan het, maar hulle sê dat ek duisende verslaan het. Nou moet nog net die koningskap+ aan hom gegee word!” 9 Van daardie dag af was Saul agterdogtig teenoor Dawid.

10 Die volgende dag het ’n slegte gees van God oor Saul gekom,+ en hy het vreemd* begin optree in sy huis, terwyl Dawid soos ander kere musiek op die harp+ gespeel het. Saul het ’n spies in sy hand gehad,+ 11 en hy het die spies gegooi+ en vir homself gesê: ‘Ek gaan Dawid teen die muur vaspen!’ Maar Dawid het twee keer van hom af weggekom. 12 Toe het Saul bang geword vir Dawid omdat Jehovah met Dawid was+ maar hom verlaat het.+ 13 Saul het hom dus weggestuur en hom as hoof oor 1 000 aangestel, en Dawid het die leërmag in hulle oorloë gelei.*+ 14 Dawid was suksesvol*+ in alles wat hy gedoen het, en Jehovah was met hom.+ 15 En toe Saul sien dat hy baie suksesvol is, het hy vir hom bang geword. 16 Maar die hele Israel en Juda was lief vir Dawid, want hy het hulle in hulle gevegte gelei.

17 Saul het later vir Dawid gesê: “Hier is my oudste dogter, Merab.+ Ek sal haar vir jou as vrou gee.+ Maar hou aan om my moedig te dien en om die oorloë van Jehovah te voer.”+ Want Saul het vir homself gesê: ‘Dit is beter dat die Filistyne hom doodmaak as dat ek hom doodmaak.’+ 18 Dawid het toe vir Saul gesê: “Wie is ek, en wie is my pa se familie in Israel dat ek die skoonseun van die koning sou word?”+ 19 Maar toe die tyd aanbreek om Saul se dogter Merab aan Dawid te gee, was sy alreeds aan Aʹdriël,+ die Meholatiet, as vrou gegee.

20 Maar Saul se ander dogter, Migal,+ was verlief op Dawid. Saul is daarvan vertel, en hy was bly toe hy dit hoor. 21 Toe het Saul gesê: “Ek sal haar aan hom gee sodat sy vir hom as ’n strik kan dien en sodat die Filistyne hom kan doodmaak.”+ Saul het toe ’n tweede keer vir Dawid gesê: “Jy sal vandag my skoonseun word.”* 22 Saul het ook sy knegte beveel: “Praat in die geheim met Dawid en sê: ‘Kyk! Die koning en al sy knegte hou van jou. Trou met die koning se dogter.’” 23 Toe Saul se knegte dit vir Dawid sê, het Dawid geantwoord: “Dink julle dat ’n onbelangrike en arm man soos ek sommer net die koning se skoonseun kan word?”+ 24 Toe het Saul se knegte hom kom vertel wat Dawid gesê het.

25 Saul het toe gesê: “Dít is wat julle vir Dawid moet sê: ‘Al wat die koning as bruidsprys+ wil hê, is 100 voorhuide+ van die Filistyne, om wraak te neem op die vyande van die koning.’” Saul se plan was dat Dawid deur die Filistyne doodgemaak moes word. 26 Sy knegte het Dawid dus vertel wat die koning gesê het, en Dawid het ingestem om die koning se skoonseun te word.+ Nog voordat die bepaalde tyd om was, 27 het Dawid saam met sy manne 200 Filistynse manne gaan doodmaak en al die voorhuide na die koning gebring sodat hy die koning se skoonseun kon word. Saul het dus sy dogter Migal aan hom as vrou gegee.+ 28 Saul het besef dat Jehovah met Dawid is+ en dat sy dogter Migal lief is vir Dawid.+ 29 Dit het Saul nog banger gemaak vir Dawid, en Saul was vir die res van sy lewe ’n vyand van Dawid.+

30 Elke keer wanneer die bevelvoerders van die Filistyne oorlog gaan voer het, was Dawid suksesvoller* as al die knegte van Saul,+ en hy het ’n baie goeie naam gehad.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel