23 En Aäron het Eliseʹba, Amminaʹdab se dogter, die suster van Nagson,+ as vrou geneem. Later het sy vir hom Nadab en Abiʹhu, Eleaʹsar en Iʹtamar gebaar.+
4 Nadab en Abiʹhu het egter voor Jehovah gesterf toe hulle in die wildernis Siʹnai onwettige vuur+ voor Jehovah geoffer het; en hulle het geen kinders gehad nie. Maar Eleaʹsar+ en Iʹtamar+ het voortgegaan om tesame met hulle vader Aäron as priesters te dien.
33 Dit is die diens van die families van die seuns van Meraʹri+ volgens al hulle dienswerk in die tent van samekoms, onder die hand van Iʹtamar, die seun van die priester Aäron.”+
8 en vier waens en agt beeste het hy aan die seuns van Meraʹri gegee na gelang van hulle diens,+ onder die hand van Iʹtamar, die seun van die priester Aäron.+