3 Wie daar ook al onder julle is van sy hele volk, mag sy God met hom wees.+ En laat hom optrek na Jerusalem, wat in Juda is, en die huis van Jehovah, die God van Israel—hy is die ware God+—herbou wat in Jerusalem was.+
8 Die woord van die Soewereine Heer Jehovah, wat die verstrooides van Israel bymekaarbring,+ is: “Ek sal nog ander by hom bymekaarbring behalwe dié van hom wat reeds bymekaargebring is.”+
37 ‘Kyk, ek maak hulle bymekaar uit al die lande waarheen ek hulle in my toorn en in my woede en in groot verontwaardiging verstrooi het;+ en ek sal hulle na hierdie plek terugbring en hulle in veiligheid laat woon.+
13 En ek sal hulle uit die volke uitlei+ en hulle uit die lande bymekaarmaak en hulle in hulle land bring+ en hulle op die berge van Israel laat wei, by die stroombeddings en by al die woonplekke van die land.+