9 En ek sal uit Jakob ’n nageslag voortbring+ en uit Juda die erfbesitter van my berge;+ en my uitverkorenes moet dit in besit neem,+ en my knegte sal daar woon.+
3 “En ek sal die oorblyfsel van my skape bymekaarmaak uit al die lande waarheen ek hulle verstrooi het,+ en ek sal hulle terugbring na hulle weiveld,+ en hulle sal beslis vrugbaar wees en baie word.+
3 Want “kyk! daar kom dae”, is die woord van Jehovah, “en ek sal die gevangenes van my volk, Israel en Juda, versamel”,+ het Jehovah gesê, “en ek sal hulle terugbring na die land wat ek aan hulle voorvaders gegee het, en hulle sal dit beslis weer in besit neem.”’”+
17 “Daarom, sê: ‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Ek sal julle ook bymekaarmaak uit die volke en julle versamel uit die lande waarin julle verstrooi is, en ek sal aan julle die land van Israel gee.+
25 “‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Wanneer ek die huis van Israel bymekaarmaak uit die volke waaronder hulle verstrooi is,+ dan sal ek onder hulle geheilig word in die oë van die nasies.+ En hulle sal beslis in hulle land woon+ wat ek aan my kneg Jakob gegee het.+
14 En ek sal die gevangenes van my volk Israel laat terugkeer,+ en hulle sal die verwoeste stede bou en bewoon,+ en wingerde plant en die wyn daarvan drink, en tuine aanlê en die vrugte daarvan eet.’+