6 Toe het Jehovah se gees oor hom werksaam geword,+ sodat hy dit in twee geskeur het, soos iemand ’n jong bokram in twee skeur, en daar was hoegenaamd niks in sy hand nie. En hy het nie vir sy vader of sy moeder vertel wat hy gedoen het nie.
13 Daarop het Samuel die horing met olie+ geneem en hom in die midde van sy broers gesalf. En van dié dag af het die gees van Jehovah oor Dawid werksaam geword.+ Later het Samuel opgestaan en na Rama+ gegaan.
6 Toe het hy geantwoord en vir my gesê: “Dit is die woord van Jehovah aan Serubbaʹbel, wat lui: ‘“Nie deur ’n krygsmag+ of deur krag nie,+ maar deur my gees”,+ het Jehovah van die leërs gesê.
5 Nie dat ons vanself voldoende bekwaam is om enigiets te beskou asof dit uit onsself kom nie,+ maar die feit dat ons voldoende bekwaam is, kom van God,+