10 Die gees+ van Jehovah het toe op hom gekom, en hy het die rigter van Israel geword. Toe hy uittrek om oorlog te voer, het Jehovah Kuʹsan-Risataʹim, die koning van Sirië, in sy hand gegee sodat sy hand Kuʹsan-Risataʹim oorweldig het.+
29 Jehovah se gees het toe op Jefta gekom,+ en hy het deur Giʹlead en Manasʹse getrek en het deur Mispe in Giʹlead+ getrek, en van Mispe in Giʹlead af het hy verder getrek na die kinders van Ammon.
6 Toe het Jehovah se gees oor hom werksaam geword,+ sodat hy dit in twee geskeur het, soos iemand ’n jong bokram in twee skeur, en daar was hoegenaamd niks in sy hand nie. En hy het nie vir sy vader of sy moeder vertel wat hy gedoen het nie.
10 En hulle het daarvandaan na die heuwel gegaan, en kyk, ’n groep profete het hom tegemoetgekom; dadelik het die gees van God oor hom werksaam geword,+ en hy het onder hulle as ’n profeet begin spreek.+
13 Daarop het Samuel die horing met olie+ geneem en hom in die midde van sy broers gesalf. En van dié dag af het die gees van Jehovah oor Dawid werksaam geword.+ Later het Samuel opgestaan en na Rama+ gegaan.