14 Jehovah het toe vir Moses gesê: “Skryf dit as ’n gedagtenis in die boek+ en maak dit voor die ore van Josua bekend: ‘Ek sal die herinnering aan Aʹmalek heeltemal uitwis onder die hemel.’”+
19 En wanneer Jehovah jou God jou rus gegee het van al jou vyande rondom in die land wat Jehovah jou God jou as ’n erfdeel gee om dit in besit te neem,+ moet jy die vermelding van Aʹmalek onder die hemel uitwis.+ Jy mag dit nie vergeet nie.