30 Josef was toe haastig, want sy innerlike emosies was opgewek teenoor sy broer,+ sodat hy ’n plek gesoek het om te huil, en hy het in ’n binnekamer ingegaan en daar in trane uitgebars.+
15 Kan ’n vrou haar suigeling vergeet sodat sy haar nie oor die seun van haar moederskoot ontferm nie?+ Selfs hierdie vroue kan vergeet,+ maar ek sal jou nie vergeet nie.+
20 “Is Eʹfraim vir my ’n dierbare seun of ’n lieflingskind?+ Want in die mate dat ek teen hom gespreek het, sal ek vir seker verder aan hom dink.+ Daarom het my ingewande onstuimig geraak oor hom.+ Ek sal my beslis oor hom ontferm”,+ is die woord van Jehovah.
8 “Hoe kan ek jou oorgee, o Eʹfraim?+ Hoe kan ek jou oorlewer, o Israel?+ Hoe kan ek jou soos Adma+ maak? Hoe kan ek jou met Seboʹjim+ gelykstel? My hart het in my verander;+ terselfdertyd het my medelye opgevlam.