-
Jesaja 63:7Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
-
-
7 Die liefderyke goedhartighede van Jehovah sal ek vermeld,+ die lofprysinge van Jehovah, ooreenkomstig alles wat Jehovah aan ons bewys het,+ ja, die oorvloedige goedheid teenoor die huis van Israel+ wat hy aan hulle bewys het ooreenkomstig sy barmhartighede+ en ooreenkomstig die oorvloed van sy liefderyke goedhartighede.
-
-
Jeremia 31:12Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
-
-
12 En hulle sal beslis kom en met vreugde uitroep op die hoogte van Sion+ en straal oor die goedheid van Jehovah,+ oor die graan en oor die nuwe wyn+ en oor die olie en oor die lammers van die kleinvee en die kalwers van die beeste.+ En hulle siel sal word soos ’n tuin wat goed natgelei word,+ en hulle sal verder nie meer wegkwyn nie.”+
-