22 Eindelik het die kinders van Israel op droë grond deur die see getrek,+ terwyl die waters vir hulle ’n muur aan hulle regter- en aan hulle linkerkant was.+
17 Intussen het die priesters wat die ark van Jehovah se verbond gedra het, onbeweeglik op droë grond+ in die middel van die Jordaan bly staan terwyl die hele Israel op droë grond deurgetrek het,+ totdat die hele nasie die deurtog deur die Jordaan voltooi het.
14 Toe het hy die ampskleed van Eliʹa wat van hom afgeval het, geneem en die waters+ geslaan en gesê: “Waar is Jehovah, die God van Eliʹa, ja Hy?”+ Toe hy die waters slaan, is dit geleidelik na weerskante verdeel, sodat Eliʹsa deurgegaan het.
15 En Jehovah sal beslis die tong van die Egiptiese see+ afsny en in die gloed van sy gees sy hand oor die Rivier+ swaai. En hy sal dit in sy sewe strome tref, en hy sal mense met hulle sandale aan laat loop.+