21 Daarna het hulle gekom, elkeen wie se hart hom gedring het,+ en hulle het, elkeen wie se gees hom aangedryf het, Jehovah se bydrae vir die werk aan die tent van samekoms gebring en vir sy hele bediening en vir die heilige klere.
9 En die volk was bly omdat hulle vrywillige gawes gegee het, want hulle het met ’n volkome hart vrywillige gawes aan Jehovah gegee;+ en selfs koning Dawid het hom met groot vreugde verbly.+
16 met al die silwer en die goud wat jy in die hele regsgebied Babilon vind, tesame met die gawe van die volk+ en die priesters wat vrywillig gee vir die huis van hulle God,+ wat in Jerusalem is;