-
Jesaja 61:3Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
-
-
3 om aan dié wat oor Sion treur, toe te wys, om aan hulle te gee ’n hooftooisel in plaas van as,+ vreugdeolie+ in plaas van rou, die mantel van lof in plaas van die mismoedige gees;+ en hulle moet groot bome van regverdigheid+ genoem word, wat deur Jehovah geplant is,+ sodat prag aan hom verleen kan word.+
-
-
Jeremia 17:8Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
-
-
8 En hy sal beslis word soos ’n boom wat by die water geplant is, wat sy wortels reg by die waterloop uitstoot; en hy sal nie sien wanneer daar hitte kom nie, maar sy blare sal welig wees.+ En in die jaar van droogte+ sal hy nie angstig raak nie, en ook sal hy nie ophou om vrugte voort te bring nie.
-