8 Hy sal die dood vir ewig verswelg,+ en die Soewereine Heer Jehovah sal beslis die trane van alle gesigte afvee.+ En die smaad van sy volk sal hy van die hele aarde af wegneem,+ want Jehovah het dit gespreek.
19 Wanneer die volk in Sion+ in Jerusalem sal woon,+ sal jy geensins huil nie.+ Hy sal vir seker aan jou guns betoon by die geluid van jou geroep; sodra hy dit hoor, sal hy jou antwoord.+
10 En dié wat deur Jehovah losgekoop is, sal terugkeer+ en beslis met vreugdegeroep na Sion kom;+ en blydskap tot onbepaalde tyd sal op hulle hoof wees.+ Verheuging en blydskap sal hulle verkry, en droefheid en gesug sal wegvlug.+
4 En hy sal elke traan+ van hulle oë afvee, en die dood sal daar nie meer wees nie,+ en ook verdriet en angsgeroep en pyn sal daar nie meer wees nie.+ Die vorige dinge het verbygegaan.”+