8 En die mense het ontsteld geraak.+ Krampe en geboortepyne gryp hulle aan; hulle het geboortepyne soos ’n vrou wat geboorte gee.+ Hulle kyk mekaar verbaas aan. Hulle gesigte is vlammende gesigte.+
3 Daarom het my heupe vol hewige pyne geword.+ Krampe het my aangegryp, soos die krampe van ’n vrou wat geboorte gee.+ Ek het ontsteld geraak, sodat ek nie hoor nie; ek het verontrus geraak, sodat ek nie sien nie.
22 Kyk! Soos ’n arend sal iemand opstyg en neerskiet,+ en hy sal sy vlerke oor Bosra uitsprei;+ en die hart van die sterk manne van Edom sal in dié dag word soos die hart van die vrou wat in barensnood verkeer.”+
9 “En waarom bly jy so hard skreeu?+ Is daar geen koning in jou nie, of het jou raadgewer omgekom, sodat pyne soos dié van ’n vrou wat geboorte gee, jou aangegryp het?+
3 Wanneer hulle+ ook al sê: “Vrede+ en veiligheid!” dan sal skielike vernietiging+ oombliklik oor hulle kom net soos die barenswee oor ’n swanger vrou;+ en hulle sal hoegenaamd nie ontkom nie.+