26 En hy het gesê: “As jy nougeset na die stem van Jehovah jou God luister en doen wat reg is in sy oë en inderdaad na sy gebooie luister en al sy voorskrifte onderhou,+ sal ek geeneen van die kwale op jou lê wat ek op die Egiptenaars gelê het nie;+ want ek is Jehovah wat jou gesond maak.”+
3 En jy moet luister, o Israel, en dit sorgvuldig uitvoer,+ sodat dit met jou goed kan gaan+ en julle talryk kan word, net soos Jehovah, die God van jou voorvaders, jou beloof het+ aangaande die land wat oorloop van melk en heuning.
4 wat ek julle voorvaders beveel het op die dag toe ek hulle uit Egipteland,+ uit die ystersmeltoond,+ uitgelei het, toe ek gesê het: ‘Gehoorsaam my stem, en julle moet die dinge doen volgens alles wat ek julle beveel;+ en julle sal beslis my volk word en ek sal julle God word,+