3 dan sal Jehovah jou God jou gevangenes terugbring+ en aan jou barmhartigheid bewys+ en jou weer bymekaarmaak uit al die volke waarheen Jehovah jou God jou verstrooi het.+
12 En hy sal beslis ’n baken vir die nasies oprig en die verstrooides van Israel versamel;+ en die verstrooides van Juda sal hy uit die vier uithoeke van die aarde bymekaarmaak.+
18 Só het Jehovah gesê: “Kyk, ek versamel die gevangenes van die tente van Jakob,+ en oor sy wonings sal ek my ontferm. En die stad sal op sy puinhoop herbou word;+ en op sy regmatige plek sal die woontoring staan.+
11 En die kinders van Juda en die kinders van Israel sal beslis tot ’n eenheid bymekaargebring word+ en sal vir hulle een hoof aanstel en uit die land optrek,+ want groot sal die dag van Jisʹreël wees.+