6 En hy het gesê: “Hoor asseblief my woorde. As iemand onder julle ’n profeet van Jehovah word, sal ek my in ’n visioen+ aan hom bekend maak. In ’n droom+ sal ek met hom praat.
28 Maar daar bestaan ’n God in die hemel wat ’n Openbaarder van geheime is,+ en hy het aan koning Nebukadneʹsar bekend gemaak wat aan die einde van die dae gaan plaasvind.+ U droom en die visioene wat in u kop gekom het terwyl u op u bed was—dit is soos volg:
11 Want wie onder die mense ken die dinge van ’n mens, behalwe die gees+ van die mens wat in hom is? So ook het niemand die dinge van God leer ken nie, behalwe die gees+ van God.