33 En op die vyftiende dag in die agtste maand, in die maand wat hy self versin het, het hy offers begin bring op die altaar wat hy in Bet-El gemaak het;+ en hy het vir die kinders van Israel ’n fees ingestel en offers op die altaar gebring om offerrook te laat opgaan.+
7 vir hulle eie oortredings en terselfdertyd vir die oortredings van hulle voorvaders”,+ het Jehovah gesê. “Omdat hulle offerrook op die berge laat opgaan het en my op die heuwels+ gesmaad het,+ sal ek ook hulle loon allereers in hulle boesem uitmeet.”+
15 Want my volk het my vergeet+ deurdat hulle offerrook vir iets waardeloos+ laat opgaan, en deurdat hulle mense laat struikel op hulle weë,+ die paaie van lank gelede,+ om te loop op paaie, ’n pad wat nie opgevul is nie,
2 En nou begaan hulle nog meer sonde en maak hulle vir hulle ’n gegote beeld van hulle silwer,+ afgode volgens hulle begrip,+ geheel en al die werk van vakmanne.+ Vir hulle sê hulle: ‘Laat die mense wat offer, blote kalwers soen.’+