19 Jou slegtheid sal jou bestraf,+ en jou dade van ontrouheid sal jou teregwys.+ Weet dan en sien dat dit iets slegs en bitters is+ dat jy Jehovah jou God verlaat het en geen vrees vir my oor jou gekom het nie’,+ is die woord van die Soewereine+ Heer, Jehovah van die leërs.
21 Op die gebaande weë is ’n geluid gehoor, die gehuil, die dringende versoeke van die kinders van Israel. Want hulle het hulle weg verdraai;+ hulle het Jehovah hulle God vergeet.+
19 O Jehovah, my sterkte en my vesting en my toevlug in die dag van benoudheid,+ na u toe sal die nasies van die eindes van die aarde af kom,+ en hulle sal sê: “Waarlik, ons voorvaders het in besit gekom van blote leuens,+ nietigheid en dinge wat glad nie voordelig was nie.”+
13 O Jehovah, die hoop van Israel,+ almal wat u verlaat, sal beskaamd gemaak word.+ Dié wat van my afvallig word,+ sal op die aarde opgeskryf word, want hulle het die bron van lewende water, Jehovah, verlaat.+