24 Vader, met betrekking tot wat u my gegee het, wens ek dat waar ek is, hulle ook by my kan wees,+ sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat u my gegee het, omdat u my voor die grondlegging+ van die wêreld+ liefgehad het.
17 As ons dan kinders is, is ons ook erfgename: ja, erfgename van God, maar mede-erfgename+ met Christus, mits ons saam ly,+ sodat ons ook saam verheerlik kan word.+
23 Ek verkeer onder druk van hierdie twee dinge;+ maar wat ek begeer, is die losmaking en om saam met Christus te wees,+ want dít is gewis baie beter.+
16 want die Here self sal uit die hemel neerdaal+ met ’n gebiedende roep, met ’n aartsengel+ se stem en met God se trompet,+ en dié wat dood is in eenheid met Christus, sal eerste opstaan.+
8 Van nou af is die kroon van regverdigheid vir my weggelê,+ wat die Here, die regverdige regter,+ my in daardie dag+ as beloning sal gee,+ en tog, nie net aan my nie, maar ook aan almal wat sy openbaarwording liefgehad het.