31 En nadat hulle ’n smeekbede gedoen het, is die plek waarin hulle bymekaar was, geskud;+ en hulle is almal sonder uitsondering met die heilige gees vervul+ en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.+
7 Maar kyk! Jehovah se engel het daar gestaan,+ en ’n lig het in die gevangenissel geskyn. Hy het Petrus wakker gemaak deur hom op die sy te slaan+ en gesê: “Staan gou op!” En sy kettings het van sy hande afgeval.+