Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g93 7/22 bl. 3
  • ’n Epidemie van gespanne kinders

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Epidemie van gespanne kinders
  • Ontwaak!—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • My ouers gaan uitmekaar—Wat moet ek doen?
    Ontwaak!—1990
  • Stres—Die oorsake en gevolge
    Ontwaak!—2005
  • Goeie stres, slegte stres
    Ontwaak!—1998
  • Hoe om stres te beheer
    Ontwaak!—2010
Sien nog
Ontwaak!—1993
g93 7/22 bl. 3

’n Epidemie van gespanne kinders

“RANDY!” het Rita geskreeu, geskok deur wat sy uit die verte gesien het terwyl sy hulle huis genader het. Haar seuntjie Randy het halfpad by die kamervenster op die boonste verdieping uitgehang, agt meter bokant die betonpatio. In die huis het Larry sy vrou se histeriese gille gehoor en vinnig gereageer. Hy het met die trappe opgehardloop, die kamer binnegestorm, Randy gegryp en hom veilig ingetrek. Randy se ouers wou onmiddellik antwoorde hê. “Waarom het jy dit gedoen? Waarom?” het hulle geskok gevra. “Jy kon seergekry het; jy kon dood gewees het!” “Ek wóú dood wees”, het Randy onverskillig geantwoord. Randy was maar vyf jaar oud.

OP DIE oog af was Randy ’n normale, gesonde seuntjie. Niemand het vermoed dat hy eintlik wou sterf nie. Maar latere voorligting het aan die lig gebring dat Randy ’n kind was wat geweldige spanning verduur het.

Soos in Randy se geval is daar vandag tallose kinders wat slagoffers van ontsettende verwarring is. Party probeer tevergeefs om hulle angs te onderdruk, want hulle kan geen gesonde manier vind om dit te verwerk nie. Maar uiteindelik moet daar uiting gegee word aan opgekropte spanning. Vir party sal dit tot liggaamlike siekte of misdadigheid lei omdat hulle nie oor hulle angs kan praat nie. Vir ander sal die spanning ’n innerlike stryd bly wat tot uiting kom deur middel van selfvernietigende dade, wat selftoegediende beserings, eetversteurings, drank- en dwelmmisbruik en selfs selfmoord insluit. The Child in Crisis sê: “Vroeër is gemeen dat dit uitsluitlik volwassenes en ouer adolessente is wat met baie van hierdie probleme—veral selfmoord—te kampe het. Nou lyk dit al hoe meer asof klein kindertjies ook daarmee te kampe het.”

‘Hoe kan dit gebeur?’ vra volwassenes verbaas. ‘Is die kinderjare nie ’n tyd vir speelgoed en speletjies, ’n tyd vir vrolikheid en pret nie?’ Vir baie kinders is die antwoord nee. “Die kinderjare as ’n tyd van pure genot is ’n storie wat deur volwassenes versin is”, sê dr. Julius Segal. Die kinderterapeut Joseph Lupo bevestig hierdie droewige werklikheid: “Ek praktiseer al vyf-en-twintig jaar. Deesdae het ek vier keer soveel kinder- en adolessentepasiënte wat aan depressie ly.”

Wat veroorsaak sulke ongeëwenaarde spanning onder kinders? Wat is die waarskuwingstekens? Hoe kan gespanne kinders gehelp word? Hierdie vrae sal in die volgende artikels bespreek word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel