Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g94 11/8 bl. 10-11
  • Die ware betekenis van 1914

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die ware betekenis van 1914
  • Ontwaak!—1994
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • 1914—Die begin van ’n tyd van smarte
  • Wat 1914 vir jou kan beteken
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Wanneer sal die voorspelde wêreldvernietiging kom?
    Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?
  • Hoe lank sal die huidige stelsel voortbestaan?
    Oorlewing tot in ’n nuwe aarde
  • Die geslag van 1914—Waarom betekenisvol?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
Sien nog
Ontwaak!—1994
g94 11/8 bl. 10-11

Die ware betekenis van 1914

SOOS op bladsy 4 getoon word, ‘bou hierdie tydskrif vertroue op in die Skepper se belofte van ’n vreedsame en veilige nuwe wêreld voordat die geslag wat die gebeure van 1914 gesien het, uitsterf’.

Baie van ons lesers vind hierdie stelling ongetwyfeld verbasend. Maar Die Wagtoring (wat destyds as Zion’s Watch Tower and Herald of Christ’s Presence bekend gestaan het) het reeds in Desember 1879—ongeveer 35 jaar voor 1914—uit die Bybel bewys dat 1914 ’n betekenisvolle jaar sou wees. Selfs voor dit—in die middel van die 19de eeu—het ander studente van die Bybel te kenne gegee dat 1914 moontlik ’n jaar is waarop Bybelprofesieë dui.a

Profesie is al beskryf as geskiedenis wat vooruit geskryf is. Hierdie kenmerk van die Bybel getuig van sy Goddelike oorsprong. Behalwe dat die Bybel ons van toekomstige gebeure vertel, sê dit partykeer hoeveel tyd verby sal gaan voordat iets sal gebeur. Party van hierdie spesifieke profesieë verwys na ’n paar dae, party na jare en ander na eeue.

Daniël, wat oor die Messias se eerste verskyning geprofeteer het, het ook getoon wanneer die Messias vir sy “teenwoordigheid” sou terugkeer, tydens wat “die tyd van die einde” genoem word (Daniël 8:17, 19; 9:24-27). Hierdie Bybelprofesie strek oor ’n lang tyd, nie net oor ’n paar honderd jaar nie, maar oor meer as twee millenniums—2520 jaar! In Lukas 21:24 noem Jesus hierdie tydperk “die vasgestelde tye van die nasies”.b—NW.

1914—Die begin van ’n tyd van smarte

Die vervulling van Bybelprofesieë toon dat ons sedert 1914 in die tyd van die einde lewe. Jesus het van hierdie tyd gesê dat dit ‘met smarte sou begin’ (Mattheüs 24:8). In Openbaring 12:12 lees ons: “Wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.” Dit verklaar waarom die wêreld sedert 1914 in groter beroering verkeer.

Hierdie tyd van die einde sal egter ’n relatief kort tydjie duur—dit sal oor een geslag strek (Lukas 21:31, 32). Die feit dat dit al 80 jaar ná 1914 is, toon dat ons binnekort die verlossing kan verwag wat God se Koninkryk gaan bring. Dit beteken dat ons sal sien hoe “die nederige onder die mense”—Jesus Christus—algehele beheer oor “die koningskap van die mens” oorneem en ’n vreedsame en regverdige nuwe wêreld tot stand bring.—Daniël 4:17.

[Voetnote]

a In 1844 het ’n Britse geestelike, E. B. Elliott, die aandag op 1914 gevestig as ’n moontlike jaar wanneer die “sewe tydperke” van Daniël hoofstuk 4 sou eindig. In 1849 het Robert Seeley van Londen die onderwerp op ’n soortgelyke wyse verduidelik. Joseph Seiss, van die Verenigde State, het in ’n publikasie wat in omstreeks 1870 uitgegee is na 1914 verwys as ’n betekenisvolle jaar in Bybelchronologie. In 1875 het Nelson H. Barbour in sy tydskrif Herald of the Morning geskryf dat 1914 die einde van ’n tydperk sou wees wat Jesus “die tye van die nasies” genoem het.—Lukas 21:24.

b Sien Redenering uit die Skrif, bladsye 209-11, wat deur die Watchtower Bible and Tract Society of New York, Inc. uitgegee word, vir ’n breedvoerige verduideliking van Daniël se profesie.

[Venster op bladsy 11]

Kommentare oor 1914 en daarna

“Ná twee oënskynlik onvermydelike wêreldoorloë was die ontwikkeling van kernwapens dalk ’n afskrikmiddel wat ons ’n derde botsing tussen die groot nasies gespaar het en die langste tydperk van algemene vrede sedert die Victoriaanse tye ingelui het, hoewel dit vrede vol angs was. . . . Wat het met die mensdom skeef geloop? Waarom is die verwagtinge van die negentiende eeu verpletter? Waarom het die twintigste eeu in ’n tyd van afgryse of, soos sommige sal sê, boosheid ontaard?”—A History of the Modern World—From 1917 to the 1980s deur Paul Johnson.

“Van al die veelbewoë veranderinge van die Europese stelsel het die Groot Oorlog en die vredesluiting die grootste ommekeer met betrekking tot die verlede meegebring, nie net op politieke gebied nie, maar ook op ekonomiese en maatskaplike gebied. . . . Die aangename glorie van daardie vrye en produktiewe stelsel het in die oorlogskatastrofe verdwyn. Nou moes Europa ekonomiese uitputting en algehele ekonomiese ontwrigting die hoof bied. . . . Die skade was so groot dat die Europese ekonomie nie voor die volgende wêreldoorlog van stagnasie en onstabiliteit herstel het nie.”—The World in the Crucible 1914-1919 deur Bernadotte E. Schmitt en Harold C. Vedeler.

“In die Tweede Wêreldoorlog sou alle bande tussen mense tot niet gaan. Onder die Hitleriaanse heerskappy, waaraan die Duitsers hulleself onderwerp het, het hulle misdade gepleeg wat enige ander misdade wat die mens se verlede ontsier het in omvang en boosheid oortref. Die grootskaalse slagting van ses- of sewemiljoen mans, vrouens en kinders deur gesistematiseerde prosesse in die Duitse uitwissingskampe oortref in afgryslikheid die barbaarse slagtings van Djingis Khan en maak dit onbeduidend in omvang. Die doelbewuste uitwissing van hele bevolkingsgroepe aan die Oosfront is deur Duitsland sowel as Rusland beplan en voortgesit. . . . Ons het eindelik uit ’n toestand van materiële ondergang en sedelike rampspoed gekom soos wat daar nog nooit in vorige eeue aan gedink is nie.”—The Gathering Storm, Deel I van The Second World War, deur Winston S. Churchill.

“Daar is nou ’n erkenning van menseregte van alle klasse, nasies en rasse; tog het ons terselfdertyd gedaal tot ongehoorde dieptes van klassestryd, nasionalisme en rassisme. Hierdie slegte drange vind uiting in koelbloedige, wetenskaplik beplande wreedhede; en die twee onverenigbare gesindhede en gedragstandaarde, wat sy aan sy bestaan, kan vandag waargeneem word, nie net in dieselfde wêreld nie, maar soms in dieselfde land en selfs in dieselfde siel.”—Civilization on Trial deur Arnold Toynbee.

“Soos ’n skim wat ná die vasgestelde tyd nog getalm het, so het die negentiende eeu—met sy vereiste ordelikheid, sy selfvertroue en sy geloof in die mens se vooruitgang—tot Augustus 1914 vertoef, toe die groot Europese magte ’n gesamentlike aanval van verwardheid gehad het wat direk tot die sinnelose slagting van miljoene van die beste jong manne van ’n geslag gelei het. Vier en ’n half jaar later, toe die wêreld weer op die been probeer kom het ná die pynlike katastrofe van die Groot Oorlog, het dit vir baie destydse waarnemers (maar hoegenaamd nie vir almal nie) duidelik geword dat die laaste oorblywende tekens van die ou orde weggevee is en dat die mensdom ’n nuwe era betree het wat aansienlik minder rasioneel en minder vergewensgesind teenoor menslike tekortkominge was. Diegene wat verwag het dat vrede ’n beter wêreld sou inlui se verwagtings is in 1919 teleurgestel.”—Die voorwoord in 1919—The Year Our World Began deur William K. Klingaman.

[Prent op bladsy 10]

Beierse Alpe

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel