Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 11/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1996
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1997
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2000
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2005
Sien nog
Ontwaak!—1996
g96 11/22 bl. 30

Van ons lesers

Werkloosheid Baie dankie vir die reeks “Werkloosheid—Daar is ’n oplossing” (8 Maart 1996). Dit het op ’n tyd gekom toe ek op soek was na werk, maar niks kon vind nie. Ek het werk by die huis probeer skep, soos julle op bladsy 11 genoem het, en dit werk vir my. Ek dank Jehovah vir julle hulp!

J. M., Frans-Guiana

Die artikels het die situasie beskryf waarin ek my onlangs bevind het. Ek moes my ’n paar maande lank daarby aanpas om “enige soort werk” te doen, net soos een artikel gesê het. Maar ek het nie moedeloos geword nie. Ek het ’n positiewe uitkyk probeer behou, en op die ou end het ek vaste werk gevind. Gedurende daardie tydperk is ek bygestaan deur my vrou, wat baie spaarsaam was wanneer sy die inkopies gedoen het. Ek wil julle weer eens bedank vir inligting wat ons help om Bybelbeginsels in moeilike situasies toe te pas.

U. C., Italië

Ek het veral van julle venster “Skep werk by die huis” gehou. Ek is ’n gewone pionier, ’n voltydse evangeliedienaar, en het twee jaar lank ’n geregistreerde dagsorgsentrum tuis gehad. Ek het kinders voor en ná skool opgepas en het ’n goeie inkomste gehad. Dit het dit vir my moontlik gemaak om gedurende die middag aan die predikingswerk deel te neem, en my werk het net vier uur elke dag in beslag geneem. Baie ouers was dankbaar, aangesien dit moeilik is om goeie sorg te vind. Ek hoop dat ander ook werk kan kry wat hulle sal help om Jehovah te dien.

T. K. L., Verenigde State

Julle het aan die hand gedoen dat werkloses stoffering, haarkappery, skoonmaakwerk, ensovoorts privaat kan doen. Julle het ook gesê dat hulle onder sekere omstandighede hulle werk gratis of teen lae koste kan adverteer. Sal dit nie in Duitsland onwettig wees nie?

R. T., Duitsland

Wette verskil van land tot land, en miskien is hierdie voorstelle in sommige lande onwettig. Dit is waarom ons op bladsy 9 getoon het dat dit belangrik is om die belastingwette te ken en te respekteer voordat ’n mens so iets onderneem. Christene staan onder verpligting om die wette van die land waarin hulle woon te gehoorsaam (Romeine 13:1).—RED.

Dieretuin Ek het die artikel “Ons bestudeer die Bybel—In die dieretuin!” (8 Maart 1996) werklik geniet. Ek het baie gehou van die inligting oor die diere wat in die Bybel gemeld word. Ek het nooit geweet dat sebras in die Bybel gemeld word nie. Ek het ook die paragraaf oor miere geniet. Die artikel het my aangespoor om elke maand ’n ander dier na te vors.

M. F., Verenigde State

My liewe vriendin Ek wil my opregte waardering uitspreek vir die bekoorlike artikel “My liewe vriendin” (22 Februarie 1996). Dit was genotvol om te lees dat so ’n pragtige vriendskap bestaan het ten spyte van so ’n groot ouderdomsverskil. Dit lig toe dat jongmense nie net diegene in hulle ouderdomsgroep as hulle intiemste vriende hoef te hê nie. Talle ouer mense het baie om te bied wat ervaring, wysheid en humor betref.

S. T., Engeland

Die artikel het bewys dat jonk en oud goed oor die weg kan kom en dat jongmense by die ryk ervaring van die ouer geslag baat kan vind. Ek het self al talle interessante en aangename ure by ’n ouer vriend deurgebring. Hy het baie gedoen om my te help om probleme soos portuurdwang die hoof te bied.

W. S., Oostenryk

Tot dusver het ek nog nooit by ouer mense probeer leer nie. Danksy hierdie artikel verstaan ek nou watter dinge ek van sulkes kan leer. Ek wil baie graag ’n intieme vriend word van ouer mense wat ryk is aan wysheid.

R. K., Japan

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel