Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 11/08 bl. 29
  • ’n Lang lewe—Lê die geheim in Okinawa?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Lang lewe—Lê die geheim in Okinawa?
  • Ontwaak!—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • Europa in die kollig
    Ontwaak!—2015
  • Hoe om jou gesondheid te beskerm
    Ontwaak!—1999
  • Die soeke na ’n lang lewe
    Ontwaak!—1990
  • Ons beskou die wêreld
    Ontwaak!—2002
Sien nog
Ontwaak!—2008
g 11/08 bl. 29

’n Lang lewe—Lê die geheim in Okinawa?

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN JAPAN

◼ Op die Okinawa-eilande van Japan was daar in 2006 volgens skatting byna 740 honderdjariges—waarvan 90 persent vroue was—uit ’n bevolking van 1,3 miljoen. Dit verteenwoordig sowat 50 honderdjariges vir elke 100 000 mense, volgens die Okinawa-studie van Honderdjariges, wat deur dr. Makoto Soezoeki gelei word. In die meeste ontwikkelde lande is die verhouding na raming tussen 10 en 20 per 100 000 mense.

In die ononderbroke studie, wat al “die langste aaneenlopende studie van honderdjariges ter wêreld” genoem is, is daar gevind dat “’n buitengewone aantal honderdjariges uitsonderlike gesondheid geniet”. Om uit te vind waarom dit so is, het Soezoeki en sy span die lewenswyse en genetiese samestelling bestudeer van meer as 900 honderdjariges sowel as baie ander bewoners van Okinawa wat 70 jaar of ouer was. Die navorsers het gevind dat hulle oor die algemeen skraal en fiks was, dat hulle are nie verstop was nie en dat daar merkwaardig min van hulle was wat kanker of hartsiekte gehad het. En onder dié wat in hulle laat negentigerjare was, was daar minder met demensie as in vergelykbare bevolkings in ander ontwikkelde lande. Die geheim?

Een belangrike faktor was hulle genetiese samestelling. Maar daar was ook ander faktore—hulle het tabak vermy, alkohol matig gebruik en ’n goeie dieet gevolg. Die dieet van mense in Okinawa is oor die algemeen laag in kilojoules en bevat baie groente en vrugte, natuurlike vesel en heilsame vette (omega-3, mono-onversadigde vet). En die mense het die gewoonte om net te eet totdat hulle omtrent 80 persent versadig is. “’n Mens moet ophou eet sodra jy versadig begin voel”, sê dr. Bradley Willcox, ’n medenavorser in die studie. “Dit neem omtrent 20 minute voordat die maag die brein hiervan laat weet.”

Bewoners van Okinawa bly fisies aktief deur tuin te maak, daagliks te stap, tradisionele danse te doen of aan ander bedrywighede deel te neem. Persoonlikheidstoetse het getoon dat die honderdjariges optimisties en aanpasbaar was. Hulle het stres goed hanteer, en veral die vroue was “sosiaal goed geïntegreer”.

“Daar’s geen wondermiddel” vir ’n lang lewe nie, sê Willcox. Soos die studie aan die lig gebring het, word dit beïnvloed deur genetiese samestelling, dieet, oefening, goeie gewoontes “en gesonde maniere om stres te verwerk”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel