Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 4/1 bl. 27
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Ouija-bord veroorsaak oproer
  • ’n Besoek aan sjimpansees in die natuur
    Ontwaak!—2010
  • Kernafval—die dodelike vullis
    Ontwaak!—1990
  • Jaartalle
    Redenering uit die Skrif
  • “Aapmense”—Wat was hulle?
    Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping?
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 4/1 bl. 27

Insig in die nuus

Radioaktiewe dateermetodes bevraagteken

• Hoe akkuraat is die tydskale wat duisendmiljoene jare terugstrek en wat met soveel gesag aangebied word in wetenskaplike leerboeke om te bepaal hoe lank daar al lewe op aarde is? Hulle het moontlik nie so ’n stewige grondslag as wat die publiek wysgemaak is nie. In sy nommer van November 1979 berig “Popular Science” dat fisikus Robert Gentry van Columbia Union College in Maryland “meen dat al die datums wat met behulp van radioaktiewe verval bepaal is, verkeerd kan wees—nie net met ’n paar jaar nie, maar sommer baie.” Trouens, Gentry beweer dat “ouderdomme wat op die oomblik aanvaar word, duisende kere te groot kan wees”.

Die fisikus baseer sy gevolgtrekkings op die getuienis van radioaktiewe verval in hout wat amper in steenkool verander het. In neerslae “wat dan glo ten minste tienmiljoene jare oud is”, sê hy, “moet die verhouding tussen uraan-238 en lood-206 baie laag wees”. Maar dit is nie. Hy sê oor die implikasies van sy navorsing: “Ek besef dat dit moeilik is om te glo. Dit sal die hele onderliggende beginsel van radioaktiewe dateermetodes vernietig: dat die vervaltempo’s vir ewig konstant is—’n onstaafbare aanname.”

Die duidelike betekenis hiervan vir die ouderdom van die mens is deur “Popular Science” gemeld: “ln plaas daarvan dat die mens al 3,6 miljoen jaar lank op die aarde wandel, is hy miskien nog net ’n paar duisend jaar hier.” Dit stem ooreen met die chronologie van die Bybel, wat die ouderdom van die mens as ongeveer 6 000 jaar aangee.

Ouija-bord veroorsaak oproer

• “Die hele skool het amok gemaak”, het polisieman Harry Cunnill van Miami, Florida, gesê: “Onderwysers en leerlinge het rondgehardloop en goed gebreek.” ’n Woordvoerder van die brandweer het van een seun gesê: “Ander kinders sê iets bonatuurliks het van hom besit geneem.” En polisieman Cunnill het gesê dat die polisie afgekom het op “mense wat gil en skree dat hulle besete is”. Die verslag oor die voorval by die Miami Aerospace Academy in New York se “Times” het gesê dat die waansinnige onderwysers en leerlinge “gate in mure geskop en deure afgeruk het”.

Wat het tot sulke waansinnige gedrag aanleiding gegee? Volgens verslae het die leerlinge vir beamptes gesê dat daar onlangs ’n klas oor die bonatuurlike was, en die “Times” het later berig dat ’n onderwyseres wat na die voorval bedank het, erken het dat “’n Ouija-bordspel hand-uit geruk het”. Sy het gesê: “Party meisies het gegil dat daar ’n gees binnekant was.”

Of hierdie voorval nou plaasgevind het soos daar berig word of nie, die Bybel toon dat bose geeste of demone inderdaad sulke apparate kan gebruik om onbehoedsame persone te benadeel en te mislei. Dit waarsku teen waarsêery.—Deut. 18:10-12.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel