Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 4/15 bl. 32
  • God se woord het krag

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • God se woord het krag
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 4/15 bl. 32

God se woord het krag

Die Bybel kan ’n kragtige uitwerking op jou lewe hê. Dit het so ’n uitwerking gehad in die geval van Dionisio, wat in die berge van sentrale Panama woon.

In 1973 het Dionisio gehoor dat sekere mense die Bybel in sy gebied verkondig en het hy na hulle gaan soek. Hy het ’n groep van Jehovah se Getuies gevind wat verbonde is aan ’n gemeente etlike kilometers daarvandaan. Hy het verskeie publikasies by hierdie Koninkryksverkondigers gekry, onder andere ’n boekie met die titel “Sketse vir preke”, ’n versameling van Bybelse gedagtes en tekste oor talle onderwerpe.

Hoe meer Dionisio hierdie boekie gebruik het en die tekste daarin nageslaan het, des te meer het hy in die Bybel se boodskap belanggestel. Trouens, hy het die boekie begin gebruik om “preke” vir sy familielede en bure te gee. Eerlank het hy ’n Bybelstudie met ’n buurman en sy gesin gehou deur net die Skrif en “Sketse vir preke” te gebruik.

Eenkeer het ’n plaaslike prediker Dionisio genooi om hom te vergesel toe hy ’n siek persoon besoek het om hom te “genees”. Die prediker het eers olie op die siek persoon gegooi. Toe het hy Dionisio versoek om ’n toespraak te hou, wat hy met behulp van “Sketse vir preke” gedoen het. Die siek persoon is natuurlik nie dadelik genees nie, en dit het Dionisio ernstig laat nadink oor die hemelsbreë verskil tussen sektariese leerstellings en die van die Bybel.

Van toe af het Dionisio geestelik vordering gemaak, en die Getuies het hom gehelp elke keer wanneer hulle daardie gebied besoek het. Hy het getrou met die vrou saam met wie hy gelewe het, en sy het begin om die Bybel saam met hom te bestudeer. Mettertyd het sy haarself voorberei vir doop as ’n simbool van haar toewyding aan Jehovah God. En wat van Dionisio? God se Woord het beslis krag in sy lewe gehad, en hy dien Jehovah nou vreugdevol saam met ander Getuies in die plaaslike gemeentetjie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel