Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 5/1 bl. 3-4
  • Is jy dalk jou eie vyand?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is jy dalk jou eie vyand?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Soortgelyke materiaal
  • Wie het pyn nodig?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Daar wag ’n wereld sonder pyn
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Die pyn wat nie meer daar sal wees nie
    Ontwaak!—1994
  • Vooruitgang in die behandeling van pyn
    Ontwaak!—1994
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 5/1 bl. 3-4

Is jy dalk jou eie vyand?

“’n Rustige hart is die lewe vir die vlees, maar hartstog ’n verrotting vir die gebeente.”—Spr. 14:30.

’N VROU het groot probleme met haar gehoor begin ondervind. Haar huisdokter kon niks vind wat op ’n organiese oorsaak dui nie. Waarom was sy besig om doof te word? Weens talle luide argumente met haar dogter het sy eenvoudig begin om haar ore vir klanke te sluit. Sy het sodoende oënskynlik probeer om haar teen ’n onaangename situasie te verdedig. Toe sy besef wat die probleem is, het sy weer haar normale gehoor teruggekry.

’n Nege-en-twintigjarige man het pyne rondom sy hart begin voel. Tien jaar lank het die ongemak voortgeduur en vererger. Dit het plaasgevind ondanks baie mediese behandeling en lang rustydperke. Die gesondheidsprobleem het inbreuk gemaak op sy werk en hom van geluk beroof.

Het hy werklik ’n hartaandoening gehad? Nee. Toe hy 21 jaar oud was, het hy ’n ernstige siekte gehad waarvan hy heeltemal herstel het. Maar weens dinge wat hy gelees het en die kommentare van ander, was hy daarvan oortuig dat die siekte ’n hartkwaal meegebring het. Alhoewel hy geen organiese kwaal gehad het nie, het hy gevolglik die simptome gekry wat so pas beskryf is. Later, toe hy professionele hulp ontvang het wat sy emosionele probleem aangepak het, het die man se pyn verdwyn en het hy ’n produktiewe lewe begin lei.

As lid van ’n familie waar rugprobleme algemeen was, het ’n jong vrou rugpyne begin kry. Dit het haar baie ontstel, maar sy was bang om na ’n geneesheer te gaan omdat sy die ergste vermoed het. Hoe meer sy haar bekommer het, des te groter het die pyn geword. Eindelik het sy ’n geneesheer geraadpleeg, slegs om te hoor dat hy geen rede vir die probleem kon vind nie. Wat was verkeerd? Die rugpyn het begin toe hierdie vrou groter verantwoordelikheid by haar werk gekry het. Sy was bang dat sy sou misluk. Die bekommernis oor die pyn het die rugpyn laat vererger. Toe sy besef wat die oorsaak van die probleem is, het die vrou opgehou om haar daaroor te bekommer, en die pyn het verdwyn.

Dit is maar net ’n paar voorbeelde wat toelig dat emosionele faktore ’n groot uitwerking op ’n indiwidu se fisiese welsyn kan hê. Sonder om dit eens te besef, kan ’n persoon sy eie vyand wees. Volgens die Encyclopedia Americana (uitgawe van 1977, DI. 22, bl. 732), “het ’n geraamde 50% van alle mediese pasiënte kwale wat geheel of gedeeltelik as psigosomaties geklassifiseer kan word”, dit wil sê, kwale wat “deur emosionele faktore veroorsaak of aan die gang gehou” word. Dit wil voorkom asof die hart veral vatbaar is vir emosionele spanning.

Dit is eers in die 20ste eeu dat geneeshere die beskouing aanvaar het dat emosionele probleme talle kwale ten grondslag kan lê. Die Maker van die mens, Jehovah God, het dit egter in sy Woord, die Bybel, geopenbaar. Ons lees byvoorbeeld daarin: “’n Rustige hart is die lewe vir die vlees, maar hartstog ’n verrotting vir die gebeente” (Spr. 14:30). Terwyl ’n rustige gees ’n heilsame uitwerking op die hart het, kan jaloesie ’n vernietigende uitwerking op ’n persoon se gestel hê.

Aangesien sekere emosionele faktore skadelik kan wees, moet ons hulle beheers. As ons ooreenkomstig die Skrif optree, kan dit ons help. Maar hoe?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel