Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w91 6/15 bl. 27-30
  • Ondersoek fasette van God se kosbare edelsteen—die Bybel!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ondersoek fasette van God se kosbare edelsteen—die Bybel!
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Hebreeuse Geskrifte—wys na Christus
  • Die Christelike Griekse Geskrifte—Die Saad verskyn
  • Hoe om tekste in jou Bybel te kry
    Nog onderwerpe
  • Studie nommer 3—Die plasing van gebeurtenisse in die tydstroom
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Tydlyn
    Die Bybel—Wat is die boodskap daarin?
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
w91 6/15 bl. 27-30

Ondersoek fasette van God se kosbare edelsteen—die Bybel!

IN 1867 het ’n Suid-Afrikaanse boer, Schalk van Niekerk, kinders met ’n paar klippe sien speel. Een besonder blink en mooi klip het hom opgeval. “Jy kan dit kry as jy dit wil hê”, het die ma van die kinders gesê. Maar Van Niekerk het die klip vir ondersoek na ’n delfstofkundige gestuur. Min het die kinders geweet dat hulle met ’n groot diamant ter waarde van R2 400 gespeel het!

Is dit moontlik dat jy ook ’n kosbare juweel besit sonder dat jy dit weet? Baie mense besit byvoorbeeld ’n Bybel, want dit is ’n ongeëwenaarde suksesboek wat in sy geheel of gedeeltelik in meer as 1 900 tale beskikbaar is. Tog het die meeste mense nog nie die Bybel gelees nie en weet hulle dus nie veel van wat daarin staan nie.

Die Bybel sê dat dit “deur God geïnspireer” is en derhalwe die Woord van God is. (2 Timotheüs 3:16, NW; vergelyk 1 Thessalonicense 2:13.) Dit is die mensdom se kosbaarste besitting. Dit leer ons hoe ons die lewe nou ten beste kan benut en, nog belangriker, hoe ons die ewige lewe kan verkry! (Johannes 17:3, 17). Kan enigiets kosbaarder wees as dit?

Maar om hierdie edelsteen en al sy fasette te waardeer, moet ’n mens dit leer ken. Dit lyk moontlik met die eerste oogopslag taamlik moeilik. Die Bybel is per slot van rekening ’n versameling van 66 verskillende boeke. Wat bevat daardie boeke? Is daar enige rede vir die volgorde waarin hulle verskyn? As dit die geval is, hoe kan ’n mens sekere gedeeltes in die Bybel vind?

Dit is ’n uitdaging om die Bybel te leer ken. Maar soos ’n regte juweel het die Bybel ook simmetrie en orde. Ons kan dit sien as ons kortliks na sy inhoud kyk.

Die Hebreeuse Geskrifte—wys na Christus

Die Bybel word gewoonlik in die “Ou Testament” en die “Nuwe Testament” verdeel. Maar hierdie benamings is verkeerd, want dit skep die indruk dat die “Ou Testament” verouderd is en min waarde het. ’n Meer gepaste naam vir daardie deel van die Skrif sal die Hebreeuse Geskrifte wees, aangesien hierdie deel oorspronklik hoofsaaklik in Hebreeus geskryf is. Die “Nuwe Testament” is in Grieks geskryf tydens die eerste eeu G.J.; daarom is dit meer gepas om dit die Christelike Griekse Geskrifte te noem.

Die eerste boek van die Bybel, Genesis, begin eeue gelede wanneer God die hemel en die aarde skep en die aarde later vir mensebewoning begin voorberei. Die eerste mensepaar word volmaak geskep; maar hulle kies die weg van sonde, met tragiese gevolge vir hulle nakomelinge. Maar soos ’n edelsteen wat in dowwe lig gesien word, verskaf die Bybel ’n flikkering van hoop vir die gevalle mensdom: ’n “saad” wat eindelik die gevolge van sonde en die dood tot niet sal maak (Genesis 3:15). Wie sal hierdie Saad wees? Genesis begin die geslagslyn van hierdie toekomstige Saad volg, deur die aandag te vestig op die lewens van sommige van die Saad se getroue voorouers, soos Abraham, Isak en Jakob.

Exodus beskryf vervolgens die geboorte van Moses. Moses se lewe is in baie opsigte ’n voorafskaduwing van die lewe van die toekomstige Saad. Na tien plae vind Israel se groot uittog uit Egipte plaas en word hulle as God se uitverkore volk by die berg Sinai bevestig. Levitikus, soos die naam aandui, meld God se voorskrifte vir die Levitiese priesterdom in Israel. Numeri praat van die geleenthede toe die Israeliete getel is (deur middel van ’n sensus) en van gebeure tydens Israel se verblyf in die woestyn. En nou, gereed om die Beloofde Land binne te gaan, ontvang Israel Moses se laaste vermaninge. Dit is die onderwerp van Deuteronomium. Moses verwys na die toekomstige Saad en spoor die nasie aan om te luister na ‘’n profeet wat God sal verwek’.—Deuteronomium 18:15.

Dan volg die geskiedkundige boeke. Die meeste van hulle is in chronologiese volgorde. Josua beskryf die verowering en verdeling van die Beloofde Land. Rigters vertel van die dramatiese gebeure van die daaropvolgende jare wanneer Israel deur ’n aantal rigters regeer word. Rut handel oor ’n godvresende vrou wat gedurende die tyd van die Rigters lewe en wat die voorreg het om ’n voorouer van Jesus Christus te word.

Maar die regeringstyd van die rigters loop ten einde. Eerste Samuel vertel van die tragiese regering van Israel se eerste koning, Saul, soos die profeet Samuel dit sien. Tweede Samuel beskryf die suksesvolle regering van Dawid, Saul se opvolger. Eerste en Tweede Konings bespreek dan die tydperk vanaf die glorieryke regering van Salomo tot die tragiese Babiloniese ballingskap van die Israelitiese nasie in 607 v.G.J. Eerste en Tweede Kronieke som hierdie geskiedenis op uit die oogpunt van ’n nasie wat uit hierdie ballingskap teruggekeer het. Esra, Nehemia en Ester beskryf ten laaste hoe die Israeliete in hulle tuisland herstel word en ’n bietjie van hulle daaropvolgende geskiedenis.

Die poëtiese boeke is volgende en bevat van die mooiste poësie wat ooit geskryf is. Job verskaf ’n aangrypende prentjie van onkreukbaarheid tydens lyding en hoe dit beloon is. Die boek Psalms bevat lofliedere tot Jehovah en gebede om genade en hulp. Die Psalms het al tallose knegte van God vertroos. Daarbenewens bevat die Psalms talle profesieë wat ons nog inligting oor die toekomstige Messias gee. Spreuke en Prediker openbaar fasette van goddelike wysheid deur middel van bondige gesegdes, terwyl die Hooglied van Salomo pragtige liefdespoësie met diepgaande profetiese betekenis is.

Die volgende 17 boeke—van Jesaja tot Maleagi—is hoofsaaklik profetiese boeke. Al hierdie boeke dra die name van die skrywers. Baie van hierdie profesieë is reeds op merkwaardige wyse vervul. Hulle wys ook na kritieke gebeure in ons dag en in die nabye toekoms.

Die Hebreeuse Geskrifte bied dus ’n verbasende verskeidenheid van vorm en styl. Tog het almal ’n gemeenskaplike tema. Hulle profesieë, geslagslyste en dramatiese gebeure skitter met praktiese wysheid en profetiese betekenis.

Die Christelike Griekse Geskrifte—Die Saad verskyn

Vierduisend jaar het verloop sedert die mens se sondeval. Skielik verskyn die langverwagte Saad, die Messias, Jesus, op die aarde! Die Christelike Griekse Geskrifte bevat ’n verslag van die bediening van hierdie sleutelfiguur in die mens se geskiedenis in vier verskillende maar aanvullende boeke, die Evangelies. Hulle is Mattheüs, Markus, Lukas en Johannes.

Hoe kosbaar is hierdie vier Evangelieverslae tog vir Christene! Hulle vertel van Jesus se verbasende wonderwerke, sy betekenisvolle gelykenisse, sy Bergpredikasie, sy voorbeeld van nederigheid, sy deernis en volkome gehoorsaamheid aan sy Vader, sy liefde vir sy “skape” en ten laaste van sy offerdood en glorieryke opstanding. ’n Studie van die Evangelies bou ’n diepe liefde vir die Seun van God in ons op. Dit bring ons bowenal nader aan die een wat Christus gestuur het—Jehovah God. Dit is die moeite werd om hierdie verslae keer op keer te lees.

Die Handelinge van die Apostels begin waar die Evangelies ophou. Dit vertel van die vroeë jare van die Christengemeente van die dae sedert Pinkster tot Paulus se gevangeneming in Rome in 61 G.J. In hierdie boek lees ons van Stefanus, die eerste Christenmartelaar, die bekering van Saulus, wat later Paulus die apostel word, die insameling van die eerste nie-Joodse bekeerlinge en Paulus se opwindende evangelisasiereise. Hierdie verslae is opwindend en opbouend vir ons geloof.

Een-en-twintig briewe, of sendbriewe, volg nou. Die eerste 14, wat deur Paulus geskryf is, dra die naam van die Christen of gemeente aan wie dit gerig is; die res dra die naam van die skrywer—Jakobus, Petrus, Johannes en Judas. Wat ’n skat van vermaning en bemoediging bevat hierdie briewe tog! Hulle dek leerstellings en die vervulling van profesieë. Hulle help Christene om afgeskeie te bly van die goddelose omgewing waarin hulle moet lewe. Hulle benadruk hoe nodig dit is om broederlike liefde en ander godvrugtige eienskappe aan te kweek. Hulle lê die grondslag vir behoorlike gemeentelike organisasie onder die leierskap van geestelike ouere manne.

Net soos die Hebreeuse Geskrifte sluit die Griekse Geskrifte ook op ’n profetiese trant af. Openbaring, wat omstreeks 96 G.J. deur die apostel Johannes geskryf is, vleg die drade van profesie en die Bybel se hooftema saam—die heiliging van Jehovah se naam deur sy Messiaanse Koninkryk. ’n Reeks visioene gee ’n beeldende beskrywing van die vernietiging van die godsdiens-, militêre en politieke magte van Satan se verdorwe stelsel. Dit word met Christus se regeringstad vervang, wat sy aandag vestig op die reëling van sake op aarde. God belowe hy sal onder hierdie Koninkryksheerskappy “al die trane . . . afvee, en daar sal geen dood meer wees nie”.—Openbaring 21:4.

Bestaan daar dan enige twyfel dat die Bybel ’n volmaakte edelsteen is wat goddelike lig uitstraal? As jy dit nog nie deurgelees het nie, kan jy dit gerus nou begin doen. Sy simmetrie sal jou aantrek, sy glansrykheid sal jou verlig, sy skoonheid sal jou roer en sy boodskap sal jou aangryp. Dit is inderdaad ’n “volmaakte geskenk . . . van die Vader van die hemelse ligte”.—Jakobus 1:17, NW.

[Tabel op bladsy 28, 29]

TABEL VAN DIE BYBELBOEKE

Die skrywer, waar die boek geskryf is, wanneer die geskrif voltooi is en die tydperk waartydens die gebeurtenisse in die boek plaasvind, word aangegee.

Die name van skrywers van sommige boeke en die plekke waar dit geskryf is, is onseker. Baie jaartalle is net benaderd, en die simbool n. beteken “na”, v. beteken “voor” en ca. beteken “circa”, of “ongeveer”.

Boeke van die Hebreeuse Geskrifte (v.G.J.)

Boek Skrywer Waar geskryf Geskrif Beskrewe

voltooi tydperk

Genesis Moses Woestyn 1513 “In die begin”

tot 1657

Exodus Moses Woestyn 1512 1657-1512

Levitikus Moses Woestyn 1512 1 maand (1512)

Numeri Moses Woestyn/

Vlaktes

van Moab 1473 1512-1473

Deuteronomium Moses Vlaktes

van Moab 1473 2 maande (1473)

Josua Josua Kanaän ca. 1450 1473-ca. 1450

Rigters Samuel Israel ca. 1100 ca. 1450-ca. 1120

Rut Samuel Israel ca. 1090 11 jaar van die

rigters se

regering

1 Samuel Samuel;

Gad; Natan Israel ca. 1078 ca. 1180-1078

2 Samuel Gad; Natan Israel ca. 1040 1077-ca. 1040

1 Konings Jeremia Jerusalem/

Juda 580 ca. 1040-911

2 Konings Jeremia Jerusalem/

Egipte 580 ca. 920-580

1 Kronieke Esra Jerusalem (?) ca. 460 Na 1 Kronieke 9:44,

1077-1037

2 Kronieke Esra Jerusalem (?) ca. 460 1037-537

Esra Esra Jerusalem ca. 460 537-ca. 467

Nehemia Nehemia Jerusalem n. 443 456-n. 443

Ester Mordegai Susan, Elam ca. 475 493-ca. 475

Job Moses Woestyn ca. 1473 Meer as 140

jaar tussen

1657 en 1473

Psalms Dawid en

ander ca. 460

Spreuke Salomo;

Agur;

Lemuël Jerusalem ca. 717

Prediker Salomo Jerusalem v. 1000

Die Hooglied Salomo

van Salomo Jerusalem ca. 1020

Jesaja Jesaja Jerusalem n. 732 ca. 778-n. 732

Jeremia Jeremia Juda/Egipte 580 647-580

Klaagliedere Jeremia Naby

Jerusalem 607

Esegiël Esegiël Babel ca. 591 613-ca. 591

Daniël Daniël Babel ca. 536 618-ca. 536

Hosea Hosea Samaria

(Distrik) n. 745 v. 804-n. 745

Joël Joël Juda ca. 820 (?)

Amos Amos Juda ca. 804

Obadja Obadja ca. 607

Jona Jona ca. 844

Miga Miga Juda v. 717 ca. 777-717

Nahum Nahum Juda v. 632

Habakuk Habakuk Juda ca. 628 (?)

Sefanja Sefanja Juda v. 648

Haggai Haggai Jerusalem 520 112 dae (520)

Sagaria Sagaria Jerusalem 518 520-518

Maleagi Maleagi Jerusalem n. 443

Boeke van die Christelike Griekse Geskrifte (G.J.)

Boek Skrywer Waar geskryf Geskrif Beskrewe

voltooi tydperk

Mattheüs Mattheüs Palestina ca. 41 2 v.G.J.–

33 G.J.

Markus Markus Rome ca. 60-65 29-33 G.J.

Lukas Lukas Cesarea ca. 56-58 3 v.G.J.–

33 G.J.

Johannes Apostel In of naby Ná proloog,

Johannes Efese ca. 98 29-33 G.J.

Handelinge Lukas Rome ca. 61 33-ca. 61 G.J.

Romeine Paulus Korinthe ca. 56

1 Korinthiërs Paulus Efese ca. 55

2 Korinthiërs Paulus Macedonië ca. 55

Galasiërs Paulus Korinthe of

Siriese

Antiochië ca. 50-52

Efesiërs Paulus Rome ca. 60-61

Filippense Paulus Rome ca. 60-61

Kolossense Paulus Rome ca. 60-61

1 Thessalonicense

Paulus Korinthe ca. 50

2 Thessalonicense

Paulus Korinthe ca. 51

1 Timotheüs Paulus Macedonië ca. 61-64

2 Timotheüs Paulus Rome ca. 65

Titus Paulus Macedonië (?) ca. 61-64

Filemon Paulus Rome ca. 60-61

Hebreërs Paulus Rome ca. 61

Jakobus Jakobus

(Jesus

se broer) Jerusalem v. 62

1 Petrus Petrus Babilon ca. 62-64

2 Petrus Petrus Babilon (?) ca. 64

1 Johannes Apostel In of naby

Johannes Efese ca. 98

2 Johannes Apostel In of naby

Johannes Efese ca. 98

3 Johannes Apostel In of naby

Johannes Efese ca. 98

Judas Judas Palestina(?)

(Jesus

se broer) ca. 65

Openbaring Apostel

Johannes Patmos ca. 96

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel