Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w99 11/1 bl. 3-4
  • 2000—’n Betekenisvolle jaar?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • 2000—’n Betekenisvolle jaar?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • Wanneer begin die derde millennium?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Hoe betekenisvol is die jaar 2000?
    Ontwaak!—1998
  • Die derde millennium—Sal dit jou verwagtinge verwesenlik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Te vroeg of te laat?
    Ontwaak!—1999
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
w99 11/1 bl. 3-4

2000—’n Betekenisvolle jaar?

IS DAAR enigiets spesiaals omtrent die jaar 2000? Mense wat in Westerse lande woon, beskou dit oor die algemeen as die eerste jaar van die derde millennium. Uitvoerige voorbereidings word getref om dit te vier. Reusagtige elektroniese horlosies word opgerig om die sekondes af te tel totdat die nuwe millennium aanbreek. Feestelike Oujaarsaanddanspartytjies word georganiseer. T-hemde met slagspreuke oor die einde van die millennium word in plattelandse winkels sowel as in stedelike winkelsentrums verkoop.

Groot en klein kerke sal ook deelneem aan die jaar lange feesvieringe. Vroeg volgende jaar gaan pous Johannes-Paulus II na verwagting na Israel reis om Rooms-Katolieke te lei in wat “die Rooms-Katolieke Kerk se jubileum van die millennium” genoem word. Daar word geskat dat tussen twee en ’n half miljoen en sesmiljoen toeriste, van die toegewyde Katolieke tot die nuuskieriges, beplan om Israel volgende jaar te besoek.

Waarom beplan soveel mense om Israel te besoek? Kardinaal Roger Etchegaray, ’n Vatikaanse amptenaar, het namens die Pous gesê: “Die jaar 2000 is ’n jaar om Christus te vereer asook sy lewe in hierdie land. Dit is derhalwe net natuurlik dat die Pous hierheen sou kom.” Hoe hou die jaar 2000 met Christus verband? Daar word oor die algemeen gedink dat die jaar 2000 presies aandui dat 2 000 jaar ná die geboorte van Christus verloop het. Maar is dit die geval? Ons sal sien.

Die jaar 2000 is selfs betekenisvoller vir die lede van party godsdiensgroepe. Hulle is daarvan oortuig dat Jesus binne die volgende jaar of wat na die Olyfberg sal terugkeer en dat die stryd van Armageddon, wat in die boek Openbaring gemeld word, in die vallei van Megiddo gevoer sal word (Openbaring 16:14-16). In afwagting van hierdie gebeure verkoop honderde Amerikaanse inwoners hulle huise en die meeste van hulle besittings en trek hulle na Israel. Vir enigiemand wat nie kan verhuis nie, het ’n vooraanstaande Amerikaanse evangelis na bewering belowe dat hy die wederkoms van Jesus op televisie gaan uitsaai—in kleur!

In Westerse lande word al hoe meer planne gemaak om die derde millennium in te lui. Maar mense in ander lande gaan met hulle daaglikse lewe voort. Hierdie mense—die meerderheid van die wêreld se bevolking—glo nie dat Jesus van Nasaret die Messias was nie. En hulle aanvaar ook nie noodwendig die v.C.-n.C.-dateringstelsel nie.a Baie Moslems gebruik byvoorbeeld hulle eie kalender, waarvolgens volgende jaar 1420 sal wees—nie 2000 nie. Moslems tel die jare van die datum af waarop die profeet Muḥammad uit Mekka na Medina gevlug het. Mense regoor die wêreld gebruik altesaam 40 verskillende kalenders.

Moet die jaar 2000 vir Christene betekenisvol wees? Is 1 Januarie 2000 werklik ’n groot dag? Hierdie vrae sal in die volgende artikel beantwoord word.

[Voetnoot]

a In die v.C.-n.C.-dateringstelsel word gebeure wat voor die tradisionele tyd van Jesus se geboorte as “v.C.”-jare (voor Christus) aangegee; dié wat daarna plaasgevind het, word “n.C.”-jare (ná Christus) genoem. Maar party ingeligte geleerdes verkies om die sekulêre benamings v.G.J. (voor ons Gewone Jaartelling) en “G.J.” (van ons Gewone Jaartelling) te gebruik.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel