Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w00 3/1 bl. 19
  • Hulle geloof is beloon

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulle geloof is beloon
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Soortgelyke materiaal
  • Soeke na die waarheid beloon
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • “Ek het die geloof behou”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Wie se gebede word verhoor?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Hoe Jehovah ons gebede beantwoord
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
w00 3/1 bl. 19

Koninkryksverkondigers berig

Hulle geloof is beloon

DIE apostel Paulus was ’n man met besondere geloof, en hy het medegelowiges aangespoor om ook geloof op te bou. Hy het gesê: “Hy wat tot God nader, moet glo dat hy is en dat hy die beloner word van dié wat hom ernstig soek” (Hebreërs 11:6). Die volgende ondervindinge uit Mosambiek toon hoe Jehovah sterk geloof beloon en opregte gebede verhoor.

• ’n Suster wat ’n weduwee is en in die noordelike provinsie Niassa woon, het gewonder hoe sy en haar ses kinders die “God se weg van die lewe”-streekbyeenkoms sou kon bywoon. Haar enigste inkomste was van goedere wat sy by ’n plaaslike mark verkoop het, maar toe dit amper tyd vir die byeenkoms was, het sy net genoeg geld gehad om enkelkaartjies vir die trein vir haar en haar gesin te koop. Sy het nietemin besluit om haar vertroue in Jehovah se voorsienings te stel en het voortgegaan met haar planne om die byeenkoms by te woon.

Sy en haar ses kinders het op die trein geklim. Gedurende die treinreis het die kondukteur gekom om haar kaartjie te kry. Hy het haar lapelkaart gesien en gevra watter soort identifikasie dit is. Die suster het vir hom gesê dat dit haar identifiseer as iemand wat die streekbyeenkoms van Jehovah se Getuies bywoon. “Waar word hierdie byeenkoms gehou?” het die kondukteur gevra. Toe hy hoor dat die byeenkoms in die naburige provinsie Nampula, omtrent 300 kilometer daarvandaan, gehou sou word, het hy haar heel onverwags net die helfte van die normale prys vir die kaartjies laat betaal! Hy het toe vir die res van die geld vir haar en haar gesin kaartjies vir die terugreis gegee. Hoe bly was sy tog dat sy haar vertroue in Jehovah gestel het!—Psalm 121:1, 2.

• Ongeveer 25 jaar lank het ’n baie godsdienstige vrou tot God gebid om haar te wys wat die regte manier is om hom te aanbid. Die kerk waaraan sy behoort het, het godsdiensseremonies met tradisionele ritusse gemeng, en sy het getwyfel of hierdie vorm van aanbidding God behaag.

Sy vertel: “Ek het altyd aan die woorde van Jesus gedink wat in Matteus 7:7 staan: ‘Hou aan vra, en daar sal vir julle gegee word; hou aan soek, en julle sal vind; hou aan klop, en daar sal vir julle oopgemaak word.’ Met hierdie teks in gedagte het ek gereeld vir God gevra om my na die waarheid te lei. Eendag het die pastoor van ons kerk almal wat in die plaaslike mark gewerk het, gevra om ’n sekere bedrag geld en van hulle goedere na hom te bring sodat hy ’n seën oor hulle kon uitspreek. Ek het hierdie versoek as onskriftuurlik beskou en het dus niks gebring nie. Toe die pastoor sien dat ek nie ’n ‘offer’ gebring het nie, het hy my voor al die kerklede begin beledig. Daardie dag het ek besef dat dit nie die manier is waarop God aanbid wil word nie, en ek het dus die kerk verlaat. Intussen het ek aanhou bid om die waarheid te vind.

“Uiteindelik het ek genoeg moed bymekaargeskraap en met ’n familielid in aanraking gekom wat een van Jehovah se Getuies is. Hy het vir my ’n traktaat gegee, en toe ek dit lees, het ek onmiddellik besef dat God my gebede verhoor het. Mettertyd het die man met wie ek saamgelewe het ook Bybelwaarhede begin waardeer, en ons is wettig getroud. Later het my man egter baie siek geword. Maar tot sy dood het hy my aangemoedig om te volhard op die weg van die waarheid sodat ons mekaar weer in die Paradys sal sien.

“Ek is Jehovah ewig dankbaar dat hy my gebede verhoor het en dat hy my gewys het wat die regte manier is om hom te aanbid. My gebede is ook verhoor in die opsig dat ek gesien het hoe al agt my kinders toegewyde knegte van Jehovah word.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel