Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w05 10/1 bl. 3-4
  • Die vertolking van tekens is ’n ernstige saak!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die vertolking van tekens is ’n ernstige saak!
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Baie belangriker tekens
  • Die brode en die suurdeeg
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Die brode en die suurdeeg
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Hy vermeerder brode en gee ’n waarskuwing oor suurdeeg
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Kalifornië se skuddings—Wanneer gaan die Grote kom?
    Ontwaak!—1994
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
w05 10/1 bl. 3-4

Die vertolking van tekens is ’n ernstige saak!

“Eers het ek gedink dat ons seun Andreas net ’n hoofpyn het. Maar hy het sy eetlus verloor en ’n hoë koors gehad. Die hoofpyn het vererger, en ek het bekommerd geraak. Toe my man by die huis kom, het ons Andreas na die dokter geneem. Hy het die simptome nagegaan en Andreas dadelik hospitaal toe gestuur. Die probleem was ernstiger as ’n hoofpyn. Andreas het breinvliesontsteking gehad. Hy is behandel en was gou weer gesond.”—Gertrud, ’n moeder in Duitsland.

BAIE ouers het waarskynlik al dieselfde ondervinding as Gertrud gehad. Hulle sien tekens wat aandui dat hulle kind moontlik siek is. Hoewel nie elke siekte ernstig is nie, kan ouers nie bekostig om tekens dat hulle kinders ’n siekte onder lede het, te ignoreer nie. Om die tekens raak te sien en die gepaste stappe te doen, kan ’n groot verskil maak. Dit is ’n ernstige saak.

Dit is waar van ander dinge buiten gesondheidsake. ’n Goeie voorbeeld is die tsoenami-ramp wat gebiede om die Indiese Oseaan in Desember 2004 getref het. Instansies in plekke soos Australië en Hawaii het die enorme aardbewing in noordelike Sumatra waargeneem en vooruitgesien dat dit ’n gevaarlike nadraai kon hê. Maar daar was geen manier waarop die mense in die gevaarsones ’n waarskuwing gegee kon word of daarop kon reageer nie. Gevolglik het meer as 220 000 mense hulle lewe verloor.

Baie belangriker tekens

Toe Jesus Christus op die aarde was, het hy sy toehoorders geleer om op tekens ag te slaan en dienooreenkomstig op te tree. Hy het oor iets van verreikende belang gepraat. Die Bybel vertel: “Die Fariseërs en Sadduseërs [het] na hom toe gekom, en om hom te versoek, het hulle hom gevra om vir hulle ’n teken uit die hemel te toon. Hy het geantwoord en vir hulle gesê: ‘Wanneer dit aand word, sê julle gewoonlik: “Dit gaan mooi weer wees, want die lug is vuurrooi”; en in die oggend: “Dit gaan vandag winteragtige, reënerige weer wees, want die lug is vuurrooi, maar somber.” Julle weet hoe om die voorkoms van die lug te vertolk, maar die tekens van die tye kan julle nie vertolk nie.’”—Matteus 16:1-3.

Deur “die tekens van die tye” te noem, het Jesus daarop gewys dat sy eerste-eeuse Joodse toehoorders eintlik bewus moes gewees het van die dringendheid van die tye waarin hulle gelewe het. Die Joodse stelsel van dinge sou kort voor lank deur ’n ramp getref word wat hulle almal sou raak. ’n Paar dae voor sy dood het Jesus met sy dissipels gepraat oor ’n ander teken—die teken van sy teenwoordigheid. Wat hy by daardie geleentheid gesê het, is vandag vir almal van die allergrootste belang.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel