Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w09 3/1 bl. 7-8
  • ’n Tyd om te kies

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Tyd om te kies
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Tyd vir hernuwing
  • Die lewe het ’n wonderlike doel
    Wat is die doel van die lewe—Hoe kan jy dit vind?
  • Jy kan vir ewig op die aarde lewe
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2018
  • Wat het God al gedoen?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2019
  • Jesus se dood en opstanding—Wat dit vir jou kan beteken
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
w09 3/1 bl. 7-8

’n Tyd om te kies

“God het die mens na sy beeld begin skep, na God se beeld het hy hom geskep; man en vrou het hy hulle geskep.”—Genesis 1:27.

HIERDIE bekende woorde aan die begin van die Bybel verwys na een van die wonderlikste dinge wat God “mooi gemaak [het] op die tyd daarvoor”—’n volmaakte mensepaar, Adam en Eva (Prediker 3:11). As hulle Skepper het Jehovah God vir hulle gesê: “Wees vrugbaar en word baie en vul die aarde en onderwerp dit, en die visse van die see en die voëls van die hemel en al die diere wat op die aarde kruip, moet aan julle onderworpe wees.”—Genesis 1:28.

In hierdie woorde aan die eerste mensepaar het God sy voorneme aan hulle bekend gemaak. Hulle moes vermeerder en na die aarde omsien en dit in ’n aardwye paradystuiste vir hulle en hulle nakomelinge omskep. Daar was nie ’n voorbestemde tyd vir hulle om te lewe en te sterf nie. God het eerder vir hulle ’n wonderlike vooruitsig gegee. Deur die regte keuse te maak en ’n goeie verhouding met God te behou, sou hulle vir ewig in volmaakte vrede en geluk kon lewe.

Hulle het ’n slegte keuse gemaak, en gevolglik is ouderdom en die dood die lot van alle mense. Trouens, die aartsvader Job het erken: “Die mens, uit ’n vrou gebore, lewe ’n kort rukkie en is sat van ontsteltenis” (Job 14:1). Wat het verkeerd geloop?

Die Bybel verduidelik dat die sonde “deur een mens . . . in die wêreld ingekom het en die dood deur die sonde en die dood só tot alle mense deurgedring het omdat hulle almal gesondig het” (Romeine 5:12). Hierdie “een mens” was natuurlik Adam, wat doelbewus gekies het om God se eenvoudige maar duidelike bevel te oortree (Genesis 2:17). As gevolg van sy keuse het Adam sy geleentheid om vir ewig op ’n paradysaarde te lewe, verbeur. Hy het ook ’n kosbare erfenis vir sy nakomelinge ingeboet en die vloek van sonde en die dood aan hulle oorgedra. Dit het gelyk of alles verlore is—maar was dit?

’n Tyd vir hernuwing

Millenniums later is die psalmis geïnspireer om te skryf: “Die regverdiges sal die aarde besit, en hulle sal vir ewig daarop woon” (Psalm 37:29). As versekering dat die belofte wat God in Eden gemaak het, vervul sal word, gee God se Woord ’n pragtige beskrywing van wat hy binnekort sal doen: “Hy sal elke traan van hulle oë afvee, en die dood sal daar nie meer wees nie, en ook verdriet en angsgeroep en pyn sal daar nie meer wees nie. Die vorige dinge het verbygegaan.” Dan sê God self: “Kyk! Ek maak alles nuut.”—Openbaring 21:4, 5.

Aangesien daar ’n vasgestelde tyd vir alles is, ontstaan die vraag natuurlik: Wanneer sal hierdie tyd van hernuwing kom sodat God se wonderlike beloftes bewaarheid sal word? Die uitgewers van hierdie tydskrif, Jehovah se Getuies, probeer al lank om mense se aandag daarop te vestig dat ons in ’n tydperk lewe wat die Bybel “die laaste dae” noem en dat die tyd wanneer God sal optree om ‘alles nuut te maak’, op hande is (2 Timoteus 3:1). Ons spoor jou aan om die Bybel te ondersoek en te leer van die wonderlike vooruitsigte wat jy kan hê. Ons spoor jou ook aan om hierdie uitnodiging te aanvaar: “Soek Jehovah terwyl hy gevind kan word. Roep hom aan terwyl hy naby is” (Jesaja 55:6). Jou lewe en ewige vooruitsigte word nie deur die noodlot bepaal nie, maar is eerder in jou eie hande!

[Lokteks op bladsy 8]

“Kyk! Ek maak alles nuut”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel