Vir ons jongmense
Jesus weerstaan versoekings
Instruksies: Doen hierdie oefening op ’n stil plek. Stel jou voor dat jy deel is van die gebeurtenis terwyl jy die tekste lees. Visualiseer die toneel. Hoor die stemme. Ervaar die emosies van die hoofkarakters.
ONTLEED DIE TONEEL.—LEES MATTEUS 4:1-11.
Beskryf die wildernis waar Jesus 40 dae deurgebring het.
․․․․․
Watter toon hoor jy in die Versoeker se stem? in Jesus se stem?
․․․․․
DELF DIEPER.
Hoe het Satan getoon dat hy ’n opportunis is? (Lees weer vers 2.)
․․․․․
Waarom het die Duiwel nie vir Jesus net al die koninkryke aangebied nie, maar ook “hulle heerlikheid”? (Lees weer vers 8.)
․․․․․
Waarom het Satan moontlik besluit om Jesus te versoek deur vir hom heerskappy aan te bied?
․․․․․
(a) Wat openbaar elkeen van Satan se versoekings oor hoe hy dink? ․․․․․
(b) Wat openbaar elkeen van Jesus se antwoorde in teenstelling hiermee? ․․․․․
PAS TOE WAT JY GELEER HET. SKRYF NEER WAT JY GELEER HET OOR . . .
Wanneer ’n versoeking waarskynlik sal kom.
․․․․․
Die verskillende metodes wat Satan kan gebruik om ons te versoek.
․․․․․
Hoe om versoekings te weerstaan.
․․․․․
WATTER ASPEK VAN HIERDIE VERSLAG IS VIR JOU DIE BETEKENISVOLSTE, EN WAAROM?
․․․․․